Hier is ’n interessante manier om ’n slim plan met enige oorskiet-hoender te maak.
Lewer 4 porsies
Slaaisous
125 ml (½ k) klappermelk
20 ml (4 t) grondboontjiebotter
7,5 ml (½ e) rooi Thaise kerriepasta
5 ml (1 t) sojasous
10 ml (2 t) suurlemoensap
Slaai
½ elk klein wit en rooi kool, fyngekerf
¼ komkommer, in repies gesny
2 wortels, grof gerasper
½ klein pynappel, in blokkies gesny
500 ml (2 k) gepluisde oorskiet-hoender
60 ml (¼ k) kasjoeneute of grondboontjies
1-2 handevol koljanderblare
- Slaaisous: Klits al die bestanddele in ’n bakkie saam.
- Slaai: Meng al die bestanddele met twee groot vurke saam en roer helfte van die koljanderblare by. Skink van die slaaisous oor en sit met die orige sous en koljanderblare voor.
Fotokrediet: LiG-tydskrif | Fotograaf: Adel Ferreira