Lize Beekman is een van Suid-Afrika se beste Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, en deesdae ook kunstenaar. Sy kuier by Marinda en gesels oor haar grootwordjare. Marinda maak nacho’s en ryspoeding. Kyk Stoofstories met Marinda op VIA, DStv-kanaal 147 op Woensdae om 17:00.
NACHO’S
Bedien 6-8 mense
500 g maalvleis
olyfolie om vleis in te braai
5 ml komyn
5 ml gerookte paprika
1 blikkie Mexikaanse tamaties
1 blik rooibone, gedreineer
sout en peper
2 pakke Doritos-skyfies
500 ml goudakaas
500 ml blokkies fetakaas
250 ml suurroom
1 ryp avokadopeer
1 bossie vars koljander
sap van ’n suurlemoen
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
1 ui, fyngekap
1 tamatie, fyngekap
1 rissie, fyngekap
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Braai die maalvleis tot bruin in die olyfolie.
- Voeg die komyn en paprika by en braai nog ’n bietjie.
- Voeg die Mexikaanse tamaties by.
- Voeg die rooibone by.
- Geur met sout en peper en braai tot gaar.
- Hou dit eenkant.
- Sit die helfte van die Doritos-skyfies onder in ’n mooi plat bak wat in die oond kan gaan.
- Skep die maalvleis bo-oor die skyfies.
- Strooi die goudakaas en fetakaas oor die maalvleis en bak in die oond tot die kaas gesmelt is.
- Skep die suurroom op die kaas.
- Maak ’n guacamole deur die avokado, ’n handvol fyngekapte vars koljander, suurlemoensap en -skil te meng.
- Geur met sout en peper na smaak en skep dit bo-op die suurroom.
- Maak ’n salsa met die fyngekapte ui, tamatie en rissie deur dit te meng.
- Geur met sout en peper na smaak en skep dit bo-op die guacamole.
- Pak die res van die skyfies om die gereg en geniet.
RYSPOEDING
Bedien 6-8 mense
30 ml botter
330 ml rys
2 blikkies klapperroom
125 ml suiker
1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak
1 kaneelstokkie
3 kardemomsade, gekneus
knippie sout
sjokoladeplak van jou keuse – kan melksjokolade, donker, lig of gemeng wees
- Smelt die botter in ’n kastrol en roerbraai die rys tot al die korreltjies blink is.
- Gooi die res van die bestanddele, behalwe die sjokolade, by.
- Nou moet jy deurentyd roer – dit kan maklik aanbrand.
- Na 20 minute behoort dit so ’n romerige tekstuur te hê. Proe daaraan. Die korrels moenie pap wees nie.
- Haal die vanieljepeul, kardemom en kaneelstokkies uit en gooi dit weg.
- Haal van die plaat af en roer die sjokolade by.
Stroop
- Gooi 125 g bessies (enige soort), 100 ml suiker en 100 ml water in ’n mikrogolfbestande bak.
- Mikrogolf vir so 5 minute – roer en druk van die bessies pap.
- Skep nou die ryspoeding in ’n mooi houer en skep die bessies bo-oor.
Resepkrediet: Stoofstories met Marinda en Lize Beekman.
Hi daar, ek geniet jou program so baie. Dankie vir die gaste wat jy mooi. Groete Fern