Daar is min tyd oor om deel te neem aan die ʼn Nuwe baadjie-kompetisie
Musikante 35 jaar en jonger het min tyd oor om in te skryf vir die ATKV se “ʼn Nuwe Baadjie”-kompetisie. Die doel van hierdie kompetisie, wat deur die sanger en liedjieskrywerJannie du Toit geïnisieer is, is om een van sy liedjies met ʼn nuwe baadjie te vernuwe. Jannie daag jong musikante uit om enige van sy liedjies te transformeer en daaraan ʼn nuwe klank – van ʼn rock- tot ʼn blues- of jazz-klank – te gee.
Die wenner sal met die prysgeld van R30 000 wegstap.
Daar is ook wonderlike pryse ter waarde van R50 000 op die spel.
Spring gou, want die sluitingsdatum vir die kompetisie is 13 Mei.
Die inskrywings moet in MP-3 formaat ingestuur word. Besoek https://www.nuwebaadjie.co.za.