Marinda maak vir die legendariese Sandra Prinsloo diepgebraaide vis met dun krakerige tjips soos Sandra se ma dit gemaak het, en pampoenpoffers met ’n karamelstroop vir iets soet ná die tyd. Kyk Stoofstories met Marinda op VIA, DStv-kanaal 147 op Woensdae om 17:00.
DIEPGEBRAAIDE VIS IN ’N BIERBESLAG
Bedien 6-8 mense
1 pakkie I&J-visfilette
500 ml koekmeel
sout
witpeper
5 ml bakpoeier
70 ml mielieblom (maizena)
250 ml bier
olie vir diepbraai
- Haal die vis (nog bevrore) uit die plastiek en dompel die mootjies een vir een vinnig in ’n bak kookwater.
- Meng 250 ml meel en sout en peper in ’n bak en druk die mootjies een vir een in die mengsel.
- Sit bakpapier op ’n bakplaat en laat die vis daarop rus vir so 15 minute.
- Meng in ’n ander bak 250 ml meel, bakpoeier, mielieblom, sout en witpeper.
- Roer die bier by.
- Gooi die olie in ’n pot en maak dit goed warm.
- Dompel die mootjies in die bierbeslag en laat sak dit in die warm olie.
- As dit mooi bruin is, dreineer dit op kombuispapier.
DUN BROS SKYFIES (“CRISPY CHIPS”)
Bedien 6-8 mense
4 groot aartappels (kies aartappels wat geskik is vir skyfies)
growwe sout
olie vir diepbraai
- Skil die aartappels en sny dit in dun skyfies.
- Gooi die rou skyfies in yswater.
- Verhit die olie tot 150 °C.
- Maak die skyfies droog en braai dit vir so 4 minute by 150 °C.
- Haal dit uit en dreineer op kombuispapier.
- Verhit die olie tot 200 °C en braai skyfies tot goudbruin.
- Dreineer op kombuispapier en strooi growwe sout oor.
TARTAARSE SOUS
250 ml goeie mayonnaise
2 argurkies, baie fyn gekap
30 ml dille, baie fyn gekap
5 ml suurlemoensap
20 ml wortels, baie fyn gerasper
- Meng alles saam en sit dit in die yskas vir ten minste 30 minute.
VANIELJEROOMYS
Bedien 6-8 mense
500 ml dubbelroom
10 ml vanieljepasta
1 blikkie kondensmelk
- Klits die room en vanielje tot sagte punte.
- Klits die kondensmelk by.
- Gooi die mengsel in ’n houer en vries oornag.
GEPOSJEERDE PERE
500 ml rooiwyn
2 strepies skil van ’n lemoen
125 ml suiker
1 steranys
1 naeltjie
1 kaneelstokkie
2 pere
5 ml mielieblom (maizena)
10 ml water
- Sit die rooiwyn, lemoenskil, suiker, steranys, naeltjie en kaneelstokkie in ’n pot en verhit dit totdat die suiker opgelos het.
- Skil die pere, maar hou die stingeltjie aan.
- Sit dit in die rooiwyn en laat prut totdat die pere net sag raak.
- Haal die pere uit.
- Meng die mielieblom met die water totdat ’n pasta vorm.
- Roer dit in by die rooiwyn en laat die sous verdik.
- Jy kan die pere warm of koud geniet saam met die roomys en die rooiwynsous.
Resepkrediet: Stoofstories met Marinda en Sandra Prinsloo