Mediaverklaring: KKNK
Datum: 4 April 2022
Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn aangebied. Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind weer plaas op Vrydag, 22 April 2022, in Kaapstad.
Die onafhanklike Kanna-paneel met Rafiek Mammon as sameroeper, het Gary Naidoo, Laetitia Pople, Diane de Beer, Alby Michaels, Marguerite Robinson en Robyn van de Rhede ingesluit.
Mammon sê: “Ons, as onafhanklike paneel, sit letterlik elke oggend net voor agt al in ’n kamer en bespiegel oor die vyf tot ses stukke wat jy die vorige dag gesien het. En elke oggend – tot en met die laaste dag van die fees – word gesprekke met passie, erns en liefde deurdrenk. Dit gaan nie net oor die feit dat ons weer kon fees in lewende lywe nie, en om gehore en kunstenaars te kon sien en hoor nie. Dit gaan oor die kwaliteit van die werk. Die gehalte van produksies by die KKNK is so goed dat die paneel letterlik gewroeg het om ‘n kortlys van benoemdes saam te sit onder die verskeidenheid waardevolle aanbiedings.”
Alle produksies op vanjaar se feesprogram het in aanmerking gekom vir vanjaar se Kannas in die 14 kategorieë, maar daar sal ook ’n Herrie- en twee ander spesiale toekennings by die geleentheid later vandeesmaand bekend gemaak word.
Hier is vanjaar se benoemdes:
Beste debuutwerk (musiek of teater)
- Die halwe huis
- Karatara
- Ek, Anna van Wyk
- Terminaal 3
Beste teateraanbieding
- Karatara
- Ek, Anna van Wyk
- Op hierie dag
- Terminaal 3
Beste musiekaanbieding
- Emo Adams en Take Note
- Nataniël: PRIMA DONNA
- Anna Davel: 21
Beste bydrae tot visuele kuns
- Karin Preller vir die uitstalling Beyond Memory
- Dineke van der Walt as kurator van Rich in Fibre
- Die Kunstenaar Nkensani Rihlampfu vir die uitstalling An orchestrated reality
Slurpieprys: beste opkomende kunstenaar
- Janion Kennedy vir spel in Op hierdie dag
- Marinda Ntantiso vir spel in Op hierie dag
- Conradie van Heerden vir spel in die kortstuk Om skoon te wees
- Adriaan Havenga vir spel en teks in die kortstuk Om skoon te wees
Beste aktrise
- Antoinette Kellermann vir die oerkluts kwyt
- Tinarie van Wyk Loots vir Ek, Anna van Wyk
- Carla Smith vir Terminaal 3
- Anna-Mart van der Merwe vir Terminaal 3
Beste akteur
- Marlo Minnaar vir Die halwe huis
- Wessel Pretorius vir Kiss of the Spiderwoman
- Stian Bam vir Terminaal 3
- Edwin van der Walt vir Terminaal 3
Beste manlike byspeler
- Carlo Daniels vir Ek, Anna van Wyk
- Wilhelm van der Walt vir Ek, Anna van Wyk
- Geon Nel in Ek vir Anna van Wyk
- Albert Pretorius vir Ek, Anna van Wyk
Beste vroulike byspeler
- The Ancient Voices: Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies vir die oerkluts kwyt
- René Cloete vir Ek, Anna van Wyk
- Marinda Ntantiso vir Op hierie dag
Beste regie
- Neil Coppen en Tiffany Saterdaght vir Op hierie dag
- Marthinus Basson vir Ek, Anna van Wyk
- Gideon Lombard vir Karatara
- Marthinus Basson vir Terminaal 3
Beste teaterontwerp
- Op hierie dag – Zietske Zaaiman, ondersteun deur die geselskap
- Ek, Anna van Wyk – Marthinus Basson
- Karatara – klankbaan en -ontwerp deur Gideon Lombard
Uitnemende literêre bydrae
- Frieda van den Heever vir die samestelling van die oerkluts kwyt uit die werk van Antjie Krog
- Ricardo Arendse vir die nuutgeskrewe teks Die halwe huis
- Tiffany Saterdaght en Neil Coppen, met bydraes deur Janion Kennedy, Hannes Visser, Theo Witbooi en Danny B, vir die teks van Op hierie dag
Beste Kinder- of jeugteater
- Pietersielie en Roosmaryn vertel stories
- Liewe Heksie en die rolskaatse
Beste Lucky Pakkie-aanbieding
- Coligny Laer
- Ruby en Roach – ’n animasieprent
- Om skoon te wees
- Onder in die bad
Uitgereik deur die KKNK.
Vir medianavrae: Michelle Linnert Jansen michelle@kunste.org.za 082 9757 666

Die KKNK is ’n projek van
Kunste Onbeperk NWO
Registrasienommers: NPC 1995/008741/08
043-289-NPO
SARS PBO: 930008696
BTW: 4440155481
Posadres:
Posbus 1341,
Oudtshoorn, 6620
Fisiese adres:
Die Neelsie,
Jan van Riebeeckweg 217
Oudtshoorn
6625
Kontakbesonderhede:
Tel: (044) 203 8600
WhatsApp: 065 285 2337
info@kknk.co.za
www.kknk.co.za
@KKNKfees
Direksie:
Crispin Sonn (voorsitter)
Chad Louw
Ismail Mahomed
Denver Moses J
ohannes van Niekerk
Hugo Theart (artistieke direkteur)
Olga Wyngaard
Theresa Olivier
Beskermhere:
Patrice Motsepe
Franklin Sonn
Ton Vosloo
Christo Wiese