Jenny Morris is ’n skrywer, radio- en TV-persoonlikheid, sjef en koskenner van kindsbeen af toe sy lekkernye moes maak vir skool-geldinsamelings. Marinda maak ’n geurige “pot roast” en konfyttert met verouderde cheddarkaas.
“POT ROAST” (POTBRAAI)
Lewer 6-8 porsies
30 ml olyfolie
1,5 kg ontbeende “chuck roast” (dikrib)
sout en peper
1 ui, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, fyngekap
500 ml beesvleisaftreksel
250 ml rooiwyn
2 vars tiemietakkies
2 roosmaryntakkies
2 lourierblare
5 aartappels, geskil en gehalveer
6 groot wortels, geskil en in kwarte gesny
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Verhit die olie in ’n swaarboompot wat in die oond kan gaan.
- Geur die vleis met sout en peper en braai bruin in die pot.
- Haal die vleis uit en verbruin die uie en dan ook die knoffel in dieselfde pot.
- Gooi die res van die bestanddele, behalwe die aartapppels en wortels, in die pot.
- Sit die deksel op en los dit in die oond vir 2 ure.
- Voeg die aartappels en wortels by en geur met sout en peper na smaak.
- Maak weer die pot toe en sit dit in die oond vir nog ’n uur, of totdat die vleis sag is.
KONFYTTERT MET BELEË CHEDDARKAAS
Lewer 6-8 porsies
200 g meel
10 ml versiersuiker
100 g botter, yskoud en in blokkies gesny
1 groot eiergeel
10 ml yskoue water
500 g appelkooskonfyt
- Sif die meel en versiersuiker in ’n mengbak.
- Vryf die botter met die vingers in totdat dit soos nat sand lyk.
- Klits die eiergeel en yskoue water in ’n beker.
- Maak ’n gaatjie in die middel van die meel en werk die eiermengsel in totdat dit ’n deeg vorm.
- Vorm die deeg in ’n bal en maak toe met kleefplastiek. Los dit vir ten minste 30 minute in die yskas.
- Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
- Sit dit oor die rolstok en laat dit gly in ’n gesmeerde losboomtertpan.
- Druk die deeg vas met die hande en sny die kante af.
- Sit dit weer vir ’n uur in die yskas.
- Bak die tertkors blind teen 190 °C vir 10 minute.
- Smeer die konfyt in die tertkors en bak vir 30 minute, of totdat die konfyt in die tertkors gestol het.
- Geniet dit met beleë cheddarkaas.
Resepkrediet: Stoofstories met Marinda en Jenny Morris