Persvrystelling: NB-Uitgewers en Pharos Woordeboeke
Lees is een van die belangrikste vaardighede wat kinders nodig het om suksesvol te leer. Oral waar ons gaan en amper alles wat ons doen, behels leesvaardigheid. Daarom is doeltreffende lees so belangrik. Afrikaans.com deel graag Pharos se toptitels om ons jonger leerders se lees- en woordeboekvaardighede op te skerp.
“Pharos se skoolwoordeboeke word spesiaal saamgestel om leesgereedheid, leesvaardighede, taalvaardighede en vertaalvaardighede te ondersteun. Woordeboekvaardighede word van jongs af deur Pharos se puik reeks woordeboeke gekweek, en leerders word in elke skoolfase met die toepaslike woordeboekwerk in die klaskamer ondersteun.”
Gaan kyk gerus na die volgende titels op NB-Uitgewers en Pharos Woordeboeke se webblad:
- Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek
- Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek
- Pharos Afrikaans vir almal – Isabel Uys
- Pharos English for all – Isabel Uys
- Pharos Afrikaansgids: Naslaanlyste en taalreёls – Nicol Faasen
- Afrikaanse Woordelys en Spelreёls – Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Nog ‘n baie nuttige woordeboek en ‘n nuwe toevoeging tot Pharos se skoolwoordeboeke vir leerders van graad 1 tot 4, is die Tweetalige Grondslagfasewoordeboek.
“Die woordeboek bevat die sigwoorde en spelwoorde wat in die taalkurrikulums vir Afrikaans en Engels in die grondslagfase gespesifiseer word. Dit ondersteun leesgereedheid en taalvaardigheid en is ‘n volwaardige eerste tweetalige woordeboek wat jong leerders met woordeboekwerk sal help.”
Gaan kyk ook vir gratis, aflaaibare werksvelle vir woordeboekgebruik in die grondslagfase op Pharos se webwerf. Kies uit:
Pharos Grondslagfase Afrikaans Gr 1_ werksvel 1 Pharos Grondslagfase Afrikaans Gr 2_ werksvel 1 Pharos Grondslagfase Afrikaans Gr 3_ werksvel 1 |
Besoek gerus NB-Uitgewers en Pharos Woordeboeke se webblad by NB-Uitgewers | Katalogusse vir meer inligting oor al Pharos se gedrukte boeke.
PharosAanlyn is ook ‘n nuttige hulpbron. Jy kan daarop inteken en die diens gratis vir 14 dae gebruik. Klik hier www.pharosaanlyn.co.za/teken-in.