Die kombinasie van sonryp-tamaties en vars basiliekruidblare is só bekend en immergewild. Dis beslis ’n ongeëwenaarde geur – perfek vir slaai én toebroodjies.
Lewer 4 porsies
250 g verskillende soorte van klein tamaties, soos kersie-, rosa- of geel tamaties
3 groot, ryp tamaties, in dun skyfies gesny
30 ml (2 e) basiliekruidpesto
’n handvol vars basiliekruidblare
sout en peper
- Halveer enige klein tamaties wat te groot is vir jou vurk. Rangskik dit op ’n slaaibord saam met die tamatieskyfies.
- Giet die pesto oor die slaai net voor dit bedien word. Garneer met basiliekruidblare. Sit voor met ’n knippie growwe sout en swartpeper.
Fotograaf: Neville Lockhart
Wenk
Voeg ’n bietjie ricotta-, bokmelk- of mozzarellakaas by die slaai. Dit kan ook saam met koeskoes, op pasta of as ’n vulsel vir toebroodjies of braaibroodjies gebruik word.