Na meer as agt jaar na die vrystelling van Klein Karoo, kry kykers uiteindelik die kans om uit te vind wat sedertdien in die lewens van Frans, Cybil, Bongi, Jackie en die res gebeur het. Klein Karoo 2 word op 15 Desember op DStv Box Office vrygestel en jy is genooi om dit saam met ons te geniet in die gemak van jou eie huis.
Met bekendes soos Tim Theron, Leandie Du Randt, Sisanda Henna, Nicole Fortuin en Marciel Hopkins (wat haar eerste verskyning as aktrise maak) beloof dit om gesinsvermaak uit die boonste rakke te wees.
Waaroor gaan die film?
Die liefde loop soms vreemde draaie met ‘n mens, en Frans, ’n agt en dertigjarige dokumentêre regisseur, is geen uitsondering nie. Frans word gedwing om ‘n tree terug te neem en sy lewe te herevalueer nadat hy onverwags vir die tweede keer voor die kansel gelaat is.
Hy kom gou agter dat dinge eintlik erger kan word – op pad terug nadat hy ontdek het dat hy ‘n breingewas het, stop Frans langs die pad om Chloë, ‘n beeldskone boer wat besig is om ‘n heining reg te maak, te help. Sy vertel dat al die boere in die Karoo-omgewing sukkel omdat hul vee gesteel word. Dit is ‘n groot kommer omdat hul lewensbestaan in gevaar is.
Sonder om dit te weet, probeer Frans Chloë red deur in te spring en ‘n lig op die probleem te skyn deur ‘n dokumentêr te maak oor die verskriklike voorvalle wat die boere in die gesig staar. Bongi en Jackie, saam met Tarryn, die direkteur van fotografie, moet almal help om die dokumentêr te laat realiseer.
Frans is bang en versigtig omdat sy hart pas weer gebreek is. Maar dit is duidelik dat daar aantrekkingskrag tussen hom en Chloë is. Terselfdertyd spandeer Frans meer tyd saam met Jackie en ontdek ’n kant van haar wat hy nie ken nie. Hy identifiseer met haar kuns en kan nie ontken dat sy sy hart ‘n bietjie vinniger laat klop as wat hy wil erken nie.
Die regte soort liefde kom net een keer in ‘n leeftyd. Sal Frans probeer om nog ’n vrou te red, of sy hart volg na waar hy verlang word?
Kry hier ’n voorsmakie van die film:
Die rolprent is vervaardig deur SCENE23, bestaande uit Deon Meyer, Tim Theron, Cobus van den Berg, Tracey Lange en Jorrie van der Walt. Die draaiboek is geskryf deur Lize Vosloo, en Liezl Spies is die regisseur van die film.
Besoek gerus Klein Karoo se Facebookblad om op hoogte te bly van die jongste nuus. Klik hier.
Hou Afrikaans.com se blad dop! Oor ’n paar dae gesels ons met die hoofkarakters Tim Theron, Leandie Du Randt en Marciel Hopkins oor hul ervarings op stel.