Marinda kook … en nie net in die kombuis nie!
Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Ons het so agt jaar gelede vir Marinda Engelbrecht leer ken op die realiteitsprogram, Kokkedoor, toe sy een van die finaliste was en as onthoukok kykers week na week op die kassie vermaak het. Maar eintlik het die dinamiese vrou met die rooi lipstiek en interessante bril lankal haar merk gemaak…