Moeilik om te glo dat ons alweer dink aan Kersgeskenke – verlede jaar se skaapboud en kalkoen het nog kwalik verteer. Nietemin, veral gesien in die huidige stand van die ekonomie waar baie ondernemings moes toemaak of sukkel om kop bo water te hou, het Afrikaans.com besluit om vanjaar ons plaaslike Afrikaanse mark te ondersteun en ons lesers aan te moedig om Suid-Afrikaans en natuurlik Afrikaans te koop.
Hier is so ‘n paar idees, maar gaan kyk gerus op ons webtuiste by Koop dit vir nog om uit te kies. Die heel lekkerste van hierdie soort aankope is dat jy nie jou voet by die deur hoef uit te sit nie – jy bestel sommer aanlyn. Maar jy sal moet opskud, want die tyd van die jaar kan aflewerings dalk ’n bietjie langer neem en baie plekke neem ook net nuwe bestellings tot op ’n sekere datum in Desember.
Lek jou lippe af met Boervrou Deli

‘n Mens kan nie verkeerd gaan om eetgoed as geskenk te gee nie. Buitendien is ‘n mens die tyd van die jaar mos meer as gewoonlik lus vir iets om aan te peusel. Wie drink nou tee en koffie sonder iets daarby? Boervrou Deli is ‘n aanlyn deli in Thabazimbi, Limpopo. Jy kan onder andere koekies en beskuit, en selfs hondekoekies aanlyn bestel. Alle deliprodukte word landswyd afgelewer (4 – 7 werksdae). Huiskos waar jy heerlike boerekos kan bestel word SLEGS in Gauteng, Noordwes en Limpopo afgelewer (4 – 10 werksdae). Stuur gerus ‘n e-pos aan info@boervroudeli.co.za of gaan loer op hulle webtuiste by www.boervroudeli.co.za en bestel sommer daar.
Bederf die manne in jou lewe met Buffelsfontein se produkte

Behalwe baardolie, snorsalf en dies meer, is daar voorskote, brandewyn, T-hemde, broeke, sokkies en dies meer te koop. En as jy nou regtig nie nog ‘n paar sokkies in jou wederhelf of skoonpa se Kerskous wil sit nie, is daar ook geskenkbewyse. Gaan loer gerus by https://baard-olie.co.za/
Die lewe is te kort om nie te lag nie, aldus die Komedieshop

Die meeste van ons ken die gewilde Afrikaanse spotprentreeks Idees vol Vrees. Komedieshop verkoop T-hemde en dies meer vir mans, vroue, kinders en babas. Daar is ‘n paar handelsmerke om uit te kies. Gaan loer vir meer en om te bestel by https://www.komedieshop.com/
“Mag jy só gelukkig wees met jou snaakse Afrikaanse hemp (of hemde) dat jy nie kan ophou glimlag nie. Sodat ’n mens sou sweer jy is geborg deur Aquafresh.”
In hierdie klerekas en gangkas is daar iets vir elke smaak – man, vrou, kind en huis inkluis!

Klerekas.com is sowaar jou eenstop aanlyn winkel. Hier kry jy styl met ‘n hoofletter “S”. Bederf jouself of een van jou geliefdes met ‘n stylvolle geskenk. Besoek klerekas.com by klerekas.co.za en hou sommer vandag nog op kopkrap oor wat om vanjaar as geskenke te koop.
Vir die vreeslose vrou in jou is Fynbos se klerereeks nommerpas

“Mode is nie altyd mooi nie, maar mooi is altyd mode. Fynbos se klere is so Vreesloos Vroulik soos die vrou wat dit dra.”
Stuur ‘n e-pos aan info@fynbossa.com of gaan loer op die webtuiste by www.fynbossa.com