Vyf Afrikaanse ondernemings om hierdie feestyd te ondersteun
Moeilik om te glo dat ons alweer dink aan Kersgeskenke – verlede jaar se skaapboud en kalkoen het nog kwalik verteer. Nietemin, veral gesien in die huidige stand van die ekonomie waar baie ondernemings moes toemaak of sukkel om kop bo water te hou, het Afrikaans.com besluit om vanjaar ons plaaslike Afrikaanse mark te ondersteun…


