Bessie Pavlova

Bessie-pavlova (Heleen Meyer)

Nagereg uit die boonste rakke! Om ’n pavlova te maak skrik die meeste mense af. Hierdie resep is egter maklik en jy hoef nie ’n perfekte pavlova te bak nie. Die Griekse jogurt en crème fraîche maak dit ’n besondere bederf vir ’n spesiale geleentheid. Lewer 8 porsies 250 ml (1 k) griekse jogurt250 ml (1…

Groenslaai met bessies

Groenslaai met bessies (Heleen Meyer)

’n Eenvoudige kombinasie van vars bestanddele word ’n manjifieke slaai met ’n tuisgemaakte slaaisous van olie, asyn, heuning, korrelmosterd en vars tiemie. Of maak ’n vinnige bygereg daarmee op klein aartappeltjies in die skil of gestoomde broccoli met fetakaas en geroosterde sonneblomsaad. Die slaaisous sal enige ander slaai in ’n wengereg verander. Lewer 4 –…

Mieliebrood

Mieliebrood (Heleen Meyer)

Ek het met mieliebrood grootgeword. Vandag is my kinders ook dol daaroor, so ek bak altyd twee brode, sodat daar vir hul kosblikke ook iets oorbly. Lewer 2 klein brode of 1 groot brood 250 ml (1 k) growwe mieliemeel330 ml (1⅓ k) volkoringmeel (steengemaalde meel is heerlik)10 ml (2 t) bakpoeier2,5 ml (½ t)…