Zaan Sonnekus stel uiteindelik sy langverwagte debuutalbum vry!
Starburst Promotions: MEDIAVRYSTELLING Suid-Afrika se nuutste rocksensasie, Zaan Sonnekus, het uit die staanspoor plaaslike musiekharte verower met sy aangrypende poëtiese lirieke, unieke klank en passievolle vertonings… en nou het die dag waarop bewonderaars al so lank wag uiteindelik aangebreek, want sy debuutalbum is uiteindelik beskikbaar! Volgens dié Pretorianer, met sy donker lokke en kunstige versameling…