Kom skep saam asem!
“Ongeag met wie jy praat, die versugting bly dieselfde: Ons het almal ‘n behoefte om asem te haal, letterlik en figuurlik. Maar veral om sáám asem te haal. Kunstenaars en die publiek smag na uitlaatkleppe en blote samesyn. Aardklop 2021 inspireer, verras, vermaak en nooi uit: Kom skep saam asem!”
– Alexa Strachan, feesbestuurder.
‘n Mini-Aardklop, wat ‘n verskeidenheid van drama, musiek, films, gesprekke, kursusse en visuele kuns insluit, word 28 September – 3 Oktober by verskillende plekke en teaters in Pretoria aangebied: Atterbury Teater, die Voortrekkermonument en Afrikaanse Hoër Seunskool.
Volgens Alexa Strachan is die belangrikste redes vir hierdie besluit Aardklop se behoefte om ‘n platform en hoop te bied aan kunstenaars en mense in ‘n bedryf wat op sy knieë gedwing is.
Waarna om uit te sien:
Visuele kuns
Kyk hoe lekker vlieg die Voortrekkermonument – begeleide toere saam met die kunstenaar Johan Stegmann en kurator Dineka van der Walt.
Teater
Ek wens, ek wens met Frank Opperman
Kamp met Deon Lotz, Brendon Daniels
Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran met Dawid Minnaar
Holmruggery met Marion Holm
‘n Klein wonderwerk voorgelees deur Chris van Niekerk
Opdrifsel met Tinarie van Wyk-Loots, Brendon Daniels
Oskar en die pienk tannie met Sandra Prinsloo
Musiek
Karnaval van die diere met Nataniёl, Charl du Plessis, Megan-Geoffrey Prins en kamerorkes
Besprekings en aktuele programme
- Slag ons of praat ons, oor die olifant in die vertrek gelei deur Kabous Meiring
- Die Afrikaanse leier – waar is jy of sy? Gelei deur Waldimar Pelser
- Word ons kwaad oor die regte goed? Gelei deur Heindrich Wyngaard
- Munisipale verval: sal inwoners al meer self doen? Gelei deur Lourensa Eckard
- Ek wil drama swot, maar my pa sê dis nie regte werk nie met Sandra Prinsloo, Christo Davids en Tinarie van Wyk-Loots
- Enig en al een met Sandra Prinsloo, Frank Opperman en Marion Holm
- Feeste is ‘n Freak Show! Met Chris van Niekerk, Deon Lotz, Brendon Daniels en Christo Davids
- ‘n Baie lang Whatsapp aan die Voortrekkermonument met digters, skrywers en dramaturge wat genooi is om ‘n Whatsapp te skryf en voor te lees. Die gesprekleier is Kabous Meiring
- Supper met die sotte met komediante Schalk Bezuidenhout, Shimmy Isaacs, Joey Rasdien en die joernalis TJ Strydom. Die gesprekleier is Kabous Meiring.
- Wie stook watter kool, en wie blus die brand? Gesprekleier Cornelia Faasen gesels met dr Theuns Eloff, Lizz Meiring en dr Ismail Mahomed
- Wit man op ‘n slag met Bouwer Bosch, Stefaans Coetzee, Schalk van Heerden en Johan Stegmann
Films
Verfilmde weergawes van teaterproduksies

Queenie-hulle met Jill Levenberg, Brendon Daniels, Louw Venter, Jaques de Silva en Lynelle Kenned; Vervaardiger: Alexa Strachan vir Aardklop; Teks: Christo Davids en Lloyd Davids; Regie: Christo Davids
Werkswinkels in produksiebestuur
Aangebied in samewerking met NWU Kunste en Artéma: Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling
Toonaangewende, ervare top spesialiste tree as aanbieders op.
Dagprogramme
Vir die dagprogramme klik hier.
Kyk ook hier.
Kaartjies beskikbaar by Ticketpro.
Klik hier vir datums, tye en koste, asook ‘n kort beskrywing.
Algemene navrae: