Koeksisters

Gevleg of gedraai, in klapper gerol of daarsonder … hierdie is ’n soetigheid wat al menige dieet gekelder het.

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Op 5 September vier ons Koeksisterdag en of jy nou praat van koeksister, koesister of dalk koeisister – dalk bolle of krullers – dié soete verleiding is nog altyd gewild op die soetgebaklys en is vervleg in die Suid-Afrikaanse kultuur. Trouens, hoeveel kerke en skoolsale is nie deur die jare deur…