Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Skryfnet is ‘n gesamentlike projek van Maroela Media en Akademia wat die geleentheid bied vir skrywers, professionele persone of skoolleerders om hul skryftalent te ontwikkel.
Die afgelope naweek (21 Augustus) is daar ‘n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18 aangebied. Hierdie kursus, Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is deur die gewilde jeugverhaalskrywer, Christien Neser, ontwikkel en aangebied.
Die kursus was ‘n reusesukses en het gefokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ‘n storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks. Alles wat nodig is om ‘n storie te begin skryf. Hou Skryfnet se webtuiste dop vir wanneer die kursus herhaal word.
Registreer NOU vir die volgende kursus! Inskrywings sluit 30 Augustus 2021
Skryfnet het heelwat kursusse in die pyplyn. Die volgende kursus wat aangebied word is: Inleiding tot kreatiewe skryfkuns en is gemik op almal wat graag wil skryf. Inskrywings sluit reeds op 30 Augustus 2021.
Die kursus is deur prof Hans du Plessis ontwikkel en word aanlyn deur Elzebet Stubbe aangebied. Die kursus word oor ‘n tydperk van agt weke aangebied en begin reeds op 6 September 2021. Die kursus (ongeveer vyf ure per week) bestaan uit agt leergedeeltes met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn sessies. Die kursus kos R2 800.
Hierdie inleidende kursus sal ook in gebaretaal beskikbaar wees.
Aan die einde van die kursus kan deelnemers spog met ‘n afgeronde kortverhaal en ‘n sertifikaat van Akademia.
Jy kan hier registreer vir die kursus.
Gaan lees gerus meer oor Skryfnet hier.
Vir meer oor die afgelope kursus vir skoliere, klik hier.