In hierdie podsendingreeks gesels Afrikaans.com met merkwaardige persone binne die Afrikaanse leefwêreld. Ons bied jou ’n blik op jou gunstelingbekendes op maniere soos jy hulle nog nooit vantevore kon leer ken nie, en stel jou ook bekend aan nuwe name, projekte en idees.
In hierdie episode gesels aanbieder Edwin van der Walt met die opkomende aktrise Devonecia Swartz van 4 Mure (kykNET), Jakkals en Wolf Onbeperk (teater), Duiwelspoort (Netwerk24-blitsreeks) en Fotostaatmasjien (teater).
Hulle gesels oor:
- Die impak van ‘n mens se ouers op jou lewe en motivering.
- Haar liefde vir en verlange na teater.
- Hoe sy rolle en geleenthede kies en benader.
- ‘n Mens se soeke na aanvaarding.
- Haar doelwitte as aktrise.

Edwin van der Walt is ‘n akteur, aanbieder en entrepreneur. Sedert hy vir die eerste keer gehore se harte in 2014 in die romantiese komedie, Hollywood in my Huis, gesteel het, het ‘n rits lokettreffers gevolg. In films soos Jagveld, Wonderlus, Ballade vir ‘n Enkeling en Die Pro het hy sy diversiteit as kunstenaar ten toon gestel en die respek van die industrie sowel as aanhangers gewen. Dit is egter die man agter die karakters, Edwin self, wat deesdae groot golwe maak. Onder sy vriende, en nog meer onder die publiek, word hy geken as ‘n persoon wat verbetering van self en van ander voorop stel. Edwin leef sy passie hiervoor ook uit op die platform Novieguide , waar ‘n verskeidenheid aanlyn kursusse gekoop kan word.

Devonecia Swartz is ‘n aktrise. Sy is veral bekend vir haar rolle in 4 Mure (kykNET), Jakkals en Wolf Onbeperk (teater), Duiwelspoort (Netwerk24 blitsreeks) en Fotostaatmasjien (teater).