Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Karen Badenhorst is passievol oor interpersoonlike verhoudings, kommunikasie en emosionele intelligensie. Daarom het sy dit dan ook haar lewenstaak gemaak om mense te help om hulle uitdagings in hulle persoonlike en professionele lewens die hoof te bied.
Gebore en getoё in Pretoria en deesdae ‘n Kapenaar, fokus hierdie omgeemens elke dag daarop om mense te help om die beste mens te wees wat hulle moontlik kan wees deur met selfvertroue en eerlikheid te kommunikeer, besluite te neem en uiteindelik konflik suksesvol te hanteer en op te los.
Karen is ’n gesoute spreker en opgeleide maatskaplike werker met haar eie privaat praktyk. Sy spesialiseer in ouerskap en persoonlike en professionele ontwikkeling. As jy een van Karen se praatjies of ouerskap- en/of persoonlike ontwikkelingskursusse bywoon, leer jy nie net jouself van vooraf ken nie, maar jy ontdek opnuut die beste weergawe van jouself. Meer nog, jy word deel van ‘n ondersteuningsnetwerk van eendersdenkendes.
’n Kursus nommerpas vir jou
Of jy wil werk aan jou persoonlike ontwikkeling, of wil leer hoe om die beste en mees doeltreffende ouer te wees, daar is ’n kursus net vir jou. Daar is ook kursusse vir onderwysers en tieners. Kies uit die volgende:
Doeltreffende ouerskapleiding

Of jy nou die ouer is van ’n kleuter of tiener, dit kan uitdagend wees. Boonop is daar nie ’n handboek oor hoe om kinders groot te maak nie en maak ons maar almal foute en sit soms met die hande in die hare oor hoe om die bloedjies in ons lewe te hanteer. Hierdie kursusse slyp jou ouerskapvaardighede en leer jou die kuns van praktiese kommunikasie vaardighede en effektiewe konflikoplossingsmetodes sodat jy en jou kinders ’n gelukkiger en meer bevredigende verhouding kan handhaaf.
Daar is drie opsies:
1.) Doeltreffende ouerskapleiding (PET – Parent Effectiveness Training)
Aanlyn boekklub
Die boekklub bestaan uit ses sessies van 60 minute elk en word aanlyn aangebied.
2.) Doeltreffende ouerskapleiding (PET)
Groepkursus
Agt sessies, drie ure per sessie per week.
Kursusse vind in die oggend of aande plaas. Kostes, tydsduur en aantal persone per kursus verskil, Gaan kyk by karenbadenhorst.com vir meer inligting.
3.) Privaat ouerskapleiding
Word volgens jou skedule aangepas
Agt sessies, 90 minute per sessie
Ouers leer die volgende:
- Hoe om met jou kinders te praat sodat hulle na jou luister.
- Hoe om na jou kinders te luister sodat hulle voel jy verstaan hulle ten volle.
- Hoe om konflik tussen sibbe en in die gesin doeltreffend op te los.
- Hoe om probleme binne die gesin te hanteer en op te los.
- Hoe om botsende waardes te hanteer.
Die voordele vir die gesin:
- Kinders leer selfdissipline en ’n persoonlike verantwoordelikheidsin.
- Die gesin leer hoe om saam en nie teen mekaar te werk nie.
- Minder uitbarstings en meer probleemoplossing.
- Daar word saam besluit oor reёls sodat almal gemotiveerd is om daarby te hou.
Doeltreffende onderwysersopleiding (TET – Teacher Effectiveness Training)

Hierdie kursus help onderwysers om hulle onderrigvaardighede te optimaliseer. Daarom word daar gefokus op die gehalte van die onderwyser-leerderverhouding en word onderwysers geleer hoe om hoё gehalte verhoudings met hulle leerders te handhaaf sodat daar minder konflik en meer onderrigtyd is.
Onderwysers leer die volgende:
- Hoe om te praat sodat leerders luister.
- Hoe om klaskamerreёls te maak sodat almal inkoop en dit minder nodig is om die reёls af te dwing.
- Hoe om dissiplineprobleme te hanteer sonder om die leerder se selfbeeld te skaad.
- Hoe om permissiwiteit te vermy en steeds kreatiewe klaskamers te hê wat deelname aanmoedig.
- Hoe om konflik op te los sodat albei partye tevrede voel.
Die voordele vir die klas:
- Minder onderbrekings en konflik.
- Minder dissipline probleme.
- Groter behoefte om saam te werk en te leer.
- Beter vermoё om in groepe saam te werk.
Doeltreffende jeugopleiding (YET – Youth Effectiveness Training)

Onthou jy nog hoe dit was om ‘n tiener te wees? Grootword is nie vir sissies nie en tieners sukkel dikwels om hulle identiteit te vind, sukses op skool te behaal en uit te werk wat hulle nodig het om hulle selfbeeld te onwikkel en persoonlike sukses te behaal. Hulle probeer vriendskappe smee, wil inpas en dan moet hulle nog oor die weg kom met hulle ouers en onderwysers. Die kursus kan jou tiener help om persoonlik te ontwikkel en ook om vaardighede aan te leer om hulle verhoudings sosiaal en emosioneel te bestuur – vaardighede wat hulle op alle gebiede kan gebruik en wat hulle vir die res van hulle lewens kan help.
Jongmense leer die volgende:
- Hoe om bewus te word van hulle belangrike behoeftes.
- Hoe om eerlik te praat oor hulle behoeftes, bekommernisse en probleme sonder om die skuld op ander te pak.
- Hoe om vriende te maak en die vriende te behou.
- Hoe om konflik op te los tussen vriende, familie en andere in plaas daarvan om te redekawel en te baklei.
- Hoe om met diegene wat anders is as hulle, klaar te kom en om te gaan.
Die voordele vir die jongmens:
- Verstaan hulleself en ander beter.
- Ontwikkel vaardighede wat hulle in hulle verhoudings kan baat en wat hulle vir die res van hulle lewens kan aanwend.
- Voldoen aan hulle eie behoeftes en doelwitte en oorkom vrese wat dalk in hulle pad staan.
- Leer hoe om boelies te konfronteer en vir ander wat geboelie word, op te staan.
- Minder stres en spanning in hulle lewens – tuis en by die skool.
Wees die Beste Jy (Be Your Best – BYB)

Ons persoonlike en professionele lewens vereis dat ons elke dag optimaal moet funksioneer en presteer. Dit kan egter sy tol eis – nie net fisiek en emosioneel nie, maar ook in ’n mens se verhoudings met ander. Hierdie kursus bied jou die basiese persoonlike en professionele verhoudings- en ontwikkelingsvaardighede. Jy leer ook hoe om jouself te laat geld, hoe om angs te hanteer en doelwitte te stel sodat jy meer vervuld anderkant uitkom – nie net in die werkplek nie, maar ook tuis.
Jy leer die volgende:
- Hoe om persoonlike beheer en verantwoordelikheid te neem deur jou behoeftes te ontleed.
- Hoe om “nee” te sê sonder om skuldig te voel.
- Hoe om jou gevoelens oor te dra en weerstand te hanteer.
- Hoe om te kommunikeer op maniere wat konflik verhoed.
- Hoe om ander doeltreffend te konfronteer deur begrip te ontwikkel oor waar die probleem lê.
- Hoe om jou eie en ander se woede te hanteer.
Die voordele wat dit vir jou inhou:
- Beheer die geestelike, emosionele en fisiese aspekte van jou lewe.
- Los konflik op sodat almal daarby baat.
- Leer jou hoe om botsende waardes tussen jou en ander te hanteer en op te los.
- Leer jou om mense wat probleme ondervind doeltreffend te help en by te staan.
Gaan lees meer op die webtuiste of stuur ’n e-pos aan Karen Badenhorst by karen@parent.co.za indien jy vrae het of belangstel om ’n kursus te volg.
Lees ook Karen se blogs. Klik hier.