“Spreekwoorde en uitdrukkings openbaar die siel van ’n taalgemeenskap.”
– Anton F. Prinsloo (1941 – 2016), taalkundige en skrywer van die boek Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom.
Spreekwoorde, uitdrukkings, idiome: Lewenswaarhede wat ons taal verryk en op ’n unieke manier sê wie ons is en waar ons vandaan kom. Afrikaans.com deel graag ’n paar bekende en minder bekende spreekwoorde.
Bron:
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (deur Anton F. Prinsloo); Pharos Woordeboeke (’n druknaam van NB-Uitgewers)
ISBN-10: 1-86890-5 / ISBN-13: 978-1-86890-035-0
Met dank aan: NB-Uitgewers
Meer oor die boek Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (2013) deur Anton Prinsloo:
‘n Boek vir ’n ieder en ‘n elk – of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels, iemand die leviete voorlees of knoop soos ’n matroos. Dis ’n boek vir leerders, onderwysers, ouers; vir kletskouse en langasemsprinkane wat elke dag dieselfde deuntjie sing; vir skrywers wat sake helder voor die gees moet roep; vir elkeen wat Afrikaans in al sy geur en kleur wil gebruik.
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste én minder bekende uitdrukkings ontstaan het. Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op ’n stokkie kom en Maandae blou is. En dit is net die oortjies van die seekoei.
Ek is versot op spreek woorde en idiome