Nuttige hulpbron:
Die film, Die Val, ondersoek boelie-realiteite in skole aan en kan vanaf 10 September 2022 gratis op AfriforumTV gekyk word. Hierdie rolprent vorm deel van AfriForum se teenboelie-en-selfdoodbewusmakingsveldtog en is spesifiek gemik op hoërskoolleerders. Die doel van die film is om hoop te skep in ’n wêreld waar skoolkinders onder boelies gebuk gaan. Daar is ’n uitweg. Besoek www.teenboelie.co.za vir meer inligting. Besoek https://afriforumtv.co.za/ en registreer om die film gratis te kyk. Besoek https://afriforum.co.za/die-val/ vir meer inligting oor die film.
Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Mite
Feit
Boeliery vind net in “swak” skole plaas.
Boelies word oral aangetref, selfs in die mees gedissiplineerde of positiewe skole – daar kan oral geїsoleerde voorvalle plaasvind.
Goeie skole voorkom sodanige gedrag en tree op deur voorvalle vinnig en doeltreffend, asook ferm en redelik, te hanteer.
Swak skole ontken en ignoreer dit, regverdig die optrede of vee dit onder die mat in en blameer dikwels die slagoffers en hulle ouers.
Om te erken boeliery is ’n probleem, sal ’n skool se reputasie skaad.
Indien boeliery voorkom, sal dit bekend gemaak word. Om die probleem raak te sien en proaktief op te tree om dit op te los, sal altyd ’n positiewe uitwerking vir die skool inhou. Dit is juis wanneer die kwessie weggesteek word dat ’n skool se reputasie daaronder kan ly.
Boeliery is net ’n probleem by ouer kinders.
Boeliery vind in laer- en hoёrskool plaas en kan selfs so vroeg as in die voorskoolse fase kop uitsteek.
Party kinders wat op skool boelie kan selfs as volwassenes hierdie gedrag voortsit.
Hoewel seksuele en kuberboeliery dikwels meer algemeen onder ouer leerders voorkom, ervaar leerders van alle ouderdomme fisieke, nieverbale en sosiale boeliegedrag.
Slegs seuns boelie.
Mense dink dat fisieke boeliery deur seuns die mees algemene vorm van die gedrag is, maar verbale, sosiale en fisieke boeliery vind onder seuns en meisies plaas, veral na gelang hulle ouer word.
Boeliery gaan dikwels “weg” as ’n mens dit ignoreer.
Boeliery weerspieёl ’n wanbalans van mag wat keer op keer voorkom.
Deur ’n boelie se gedrag te ignoreer, stuur dit die boodskap uit dat hulle daarmee kan aanhou, want daar is nie nagevolge nie. Die boelie kry ook die boodskap dat die gedrag aanvaarbaar is.
Volwassenes en ander leerders moet in die bres tree vir slagoffers en seker maak hulle word beskerm en is veilig.
Kinders sal boeliery ontgroei.
Vir sommiges hou die gedrag bloot aan soos wat hulle ouer word en indien iemand nie intree nie, sal die soort gedrag waarskynlik aanhou en in sommige gevalle selfs lei tot geweld en ander ernstige probleme.
Kinders wat voortdurend ander boelie, sit dikwels hulle aggressiewe gedrag tydens adolessensie en tot in hulle volwasse lewe voort.
Om die boelie te verkla, sal die situasie vererger.
Navorsing toon dat kinders wat boeliery aan ’n volwassene rapporteer, ’n kleiner kans staan om in die toekoms geboelie te word.
Volwassenes moet daarom kinders aanmoedig om te help om hulle skole veilig te hou en die boeliery aan te meld.
Ouers is gewoonlik daarvan bewus dat hulle kinders ander boelie.
Ouers speel ’n noodsaaklike rol in die voorkoming van boeliery, maar is dikwels nie daarvan bewus dat hulle kinders boelies is of geboelie word nie.
Daarom moet onderwysers daaroor met ouers praat en hulle aanmoedig om met hulle kinders te praat oor wat by die skool en in die gemeenskap gebeur.
Bronne en enkele lees meer-skakels:
AfriForum se Teenboeliegids: Klik hier.
Afrikaans.com: Kom ons bou mekaar eerder op – klik hier.
Die 1000 Vroue Trust se teenboeliegids (“tool kit”). Klik hier.
The legislative framework regarding bullying in South African schools. Klik hier.
Protecting children from bullying and cyber bullying. Klik hier.
The different types of bullying parents should watch for. Klik hier.
Verstaan boelies. Artikel in Baba en Kleuter. Klik hier.
My klaskamer-blog oor boelies. Klik hier.