Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
“Ek het as remediërende terapeut in my privaatpraktyk gesien hoeveel kinders sukkel om te lees. Kinders wat nie kan lees nie, is kinders wat nie kan leer nie.”
– Reinette Lombard, medeskepper van die Tippie-leesreeks
WEN ‘n Tippie-geskenkmandjie ter waarde van R1 799 ter viering van Afrikaans.com se splinternuwe Tippieblad.
Die prys sluit in:
- ‘n Vlak 1 Kurrikulumstel – R999.00
- ‘n Vlak 1 boekies – R390.00
- ‘n Tippie-teddiebeer – R410.00
Teken in op ons nuusbrief en gebruik die kompetisie-kodewoord “Tippie” om in aanmerking the kom.
Lees moet ten alle tye ‘n positiewe ervaring wees. Daarom moet ouers deur hulle eie voorbeeld en met behulp van geskikte hulpbronne, hul kinders se liefde en lus vir lees aanwakker. Anders as wat jy dalk gedink het, is om na jou kind se leesles te luister, nie altyd die beste manier om leesvaardigheid te bevorder nie en is daar allerlei maniere om lees deel van jou kind se lewe te maak. Reinette sê die volgende: “Ek glo dat dit belangrik is vir ouers om van kleins af eerstens vir hulle kinders te lees. Kinders moet ook sien dat hul ouers lees. ’n Kind wat in ’n leeskultuur grootword sal makliker bereid wees om te lees as ’n kind wat nie voorheen enige blootstelling aan boeke gehad het en ’n positiewe persepsie op boeke en lees het nie.”
Lees, lees, lees vir jou kinders
“Saamlees is nie gerig op leesonderrig nie, maar op die belewing van lees as ‘n positiewe aktiwiteit. Dit sal die kind motiveer om te wil lees.”
Hieroor sê Reinette: “Dit is nooit te vroeg om vir kinders te begin voorlees nie. Voorlees en saamlees is belangrike boustene om te werk na selflees. Maak hulle bewus van teks in die omgewing rondom hulle. Speel speletjies, gebruik stemme en intonasie as jy lees. Maak hulle deel van die leeservaring. Ouers moet ook fisiese boeke lees, soveel ouers lees steeds boeke maar op ’n tablet of hul selfoon. Kinders “weet” nie noodwendig dat ouers lees op hierdie elektroniese toestelle nie.
Die Tippie-leesreeks
Nou ja – watter beter manier dan om leesvaardighede by jou kinders te bevorder as deur ‘n reeks soos Tippie. Die Tippie-leesreeks is deel van Lapa Uitgewers en is onmisbaar om leesvaardighede by voorskoolse en grondslagfaseleerders vas te lê. Die reeks word saamgestel deur Reinette Lombard en José Palmer – ‘n ma- en dogterspan wat saam skryf aan Tippie se avonture. Saam het hulle 47 jaar onderwysondervinding en is hulle passie om anders te dink oor leer en lees die dryfveer vir hierdie oulike reeks. Afrikaans.com het so bietjie nader kennis gemaak met Tippie se “ouers” en ook uitgevind hoekom die Tippie-reeks werk.
Reinette vertel dat José (Palmer)as kind reeds ‘n droom gehad het om eendag kinderboeke te skryf. “Op ‘n dag het ek gesê sy moet ophou droom en begin skryf.” Reinette voeg ook by dat sy as remediërende terapeut gereeld gesien het hoeveel kinders sukkel om te lees. So het hulle toe saam begin om die Tippie-boekies te skryf en het sy dit ook in haar praktyk begin gebruik.
Tippie = sukses
Tippie is ’n moderne, kleurvolle, progressiewe leesreeks wat volgens ontwikkelingsbeginsels geskryf is. Kinders wat hul letterklanke ken en kan identifiseer, sal met selfvertroue saam met Tippie kan begin lees. Tippie is geskryf sodat kinders sukses sal ervaar. Die meeste kinders vind aanklank by Tippie en sy avonture en Tippie se stories groei saam met die kind.
Tippie is vir almal
Die reeks is gemik op kinders wat in hul moedertaal of addisionele taal leer lees. Tippie kan wees wat ook al jy nodig het dit moet wees. Tippie kan as deel van ’n holistiese, eklektiese benadering tot geletterdheid gebruik word, of bloot as pret en ekstra aanvulling om selfvertroue en leesinskerping te verseker.
Tippie is trots tweetalig en bestaan uit leesboekies in verskillende vlakke. In Arikaans is daar reeds 4 vlakke (Vlak 5 is op die publikasieskedule vir Januarie 2022). Elke vlak het 10 boekies wat opmekaar bou. ’n Verskeidenheid ekstra leermateriaal wat saam met die boekies gebruik word, is beskikbaar.
Span Tippie in vir individuele behoeftes
Die Tippie-reeks stel ouers en/of terapeute en onderwysers in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê – maar volgens elke kind se individuele behoeftes.
- Die leesboekies kan op hul eie gebruik word – hoofsaaklik vir lees.
- Dit kan saam met die kurrikulumstelle gebruik word, vir ’n meer holistiese benadering wat fokus op lees, skryf, praat, luister en taalbeginsels.
- Die leesboekies kan ook saam met Curious Readers (Tippie se interaktiewe aanlyn platform) gebruik word vir ’n funksionele kurrikulum waar boeke en tegnologie ontmoet en kinders selfstandig en onafhanklik uitkomste bereik.
- Tippie is nie slegs lekkerleesstories nie, daar is ongelooflik baie opvoedkundige en sielkundige beginsels wat in elke boekie ingeskryf word.
- Tippie se reekse bou op mekaar en daar is genoeg geleentheid vir inoefening voordat die kind aanbeweeg na die volgende vlak.
Lees met begrip
Om met begrip te lees, is seker een van die belangrikste vereistes ten opsigte van leesvaardigheid en dié leesreeks voldoen beslis daaraan. Tippie:
- Is geskryf en saamgestel sodat kinders sukses sal ervaar en met begrip sal lees.
- Verseker dat die boustene vir vroeë geletterdheid vasgelê en ingeoefen word.
- Maak die ouer en onderwyser se voorbereiding makliker.
- Verseker dat vaardighede nie in isolasie aangeleer word nie, maar dat al die uitskomste as geheel behandel kan word en ook in konteks aangeleer word.
Tippie deel baie gratis leermateriaal, voorgestelde weeklikse beplanning en konkrete aktiwiteite wat saam met die boekies gebruik word.
Hoekom leer kinders makliker saam met Tippie?
Volgens Reinette leer en lees kinders makliker saam met die oulike olifantjie, Tippie, omdat hulle aanklank by die karakter vind. Hy is vrolik en kleurvol en die eenvoudige illustrasies ondersteun die teks.
Volg jou kind se leiding
Ouers moet ook hul kind se leiding volg. Kinders wat nie hul letterklanke ken en kan identifiseer nie, is nog nie gereed om te leer lees nie. Ouers moet begin waar die kind is. Kies boeke wat geskik is vir die kind se ontwikkelingsvermoë en bou van daar af. Kinders kan dus op hul eie tempo na die volgende vlak of boek beweeg. “Tippie is nie graad-spesifiek nie, juis omdat ons wil verseker dat elke kind begin lees by die vlak waar hulle is. As kinders reeds 3-letterwoorde met selfvertroue lees, sal hulle dus met vlak 2 se leesboeke begin. Indien ’n kind nog nie 3-letterwoorde kan lees nie, maar hul letterklanke ken, sal hulle met vlak 1 se boekies begin.
Tippie is landswyd beskikbaar by jou naaste boekwinkel, by Lapa Uitgewers of by een van die 74 Lapa- agente.
Klik hier vir die volledige Tippie-katalogus
My graad 1 seuntjie sal kan baat by die leesboekies, aangesien dit nie meer veilig is om boeke uit te neem in ‘n Biblioteek tydens die pandemie, hy is ywerig om te lees, ons het gereeld boeke gaan uitneem.