Afrikaans.com het vanjaar hande geneem met die bekende musikant Anton Goosen en kunstenaar Elsie Jooste vir die eerste Skilder met woorde-kompetisie waarin ons skoolleerders aangemoedig het om een van Anton se liedjies te skilder.
Die aantal inskrywings was oorweldigend en ons is trots om vandag die top-20 met julle te deel! Die top-10 sal op Dinsdag, 13 April, aangekondig word. Elke top-10-finalis sal wegstap met ’n R500-kontantprys. Op Woensdag, 14 April, sal die top-5 bekendgemaak word wat elk ’n kontantprys van R1000 sal ontvang. Die algehele Skilder met woorde-wenner sal op 16 April aangekondig word. Die algehele wenner stap weg met ’n kontantprys van R2000 en die betrokke skool waarin die leerder is, sal ’n verdere R10 000 ontvang.
Maar dis nie al nie… ons was so beïndruk met vanjaar se inskrywings dat Afrikaans.com dit goedgedink het om ’n verdere twee pryse weg te gee. Hierdie pryse sal ook op Vrydag, 16 April, aangekondig word. Hou Afrikaans.com se sosialemediabladsye en webtuiste dop vir die aankondiging van die finaliste en wenners.
Graag wil ons dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het. Die beoordeling van hierdie kompetisie word onafhanklik deur Elsie Jooste en Anton Goosen gedoen.
Baie geluk aan die volgende leerders wat deel van die top-20 is (in geen spesifieke volgorde nie). Hierdie inskrywings bestaan uit hoërskool- en laerskoolleerders.
Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.
Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Tehilla Meyer – Gr 7 – Victory Christian School – Trompie

Qian Henning – Gr 4 – Laerskool Kollegepark – Jantjie

Elena Lombaard – Gr 4 – Laerskool Vredendal – Harlekyn

Mia Pretorius – Gr 7 – Marble Hall Laerskool – Harlekyn

Soned van den Berg – Gr 11 – Windhoek Afrikaanse Privaatskool – Umfaan

Kabous de Wet – 17 jaar oud – Hoërskool Ben Viljoen – UMFAAN

Dané Jansen – 11 jaar oud – Laerskool Vastrap – Harlekyn

Zoe Viljoen – Gr 4 – Durbanville Laerskool – Harlekyn

Daniel Richter – 13 jaar oud – Grey Hoërskool – Harlekyn

Marisa Steynberg – 16 jaar oud – Steynbergtuisskool – Straattroebadoere

Mariska van den Berg – 16 jaar oud – Hoërskool Dinamika – Harlekyn

Nika Oosthuizen – 9 jaar oud – Laerskool Volschenk – Straattroebadoere

Ashton Fick – Gr 9 – CVO Vivo – Hanoverstraat

Lené Jacobs – 14 jaar oud – Jim Fouché Hoërskool – Harlekyn 1

Samantha Kotze – 11 jaar oud – Deutsche Schule Kroondal Rustenburg – Hanoverstraat

Deacon Dirks – Gr 12 Schoonspruit Sekondêr – Trompie

Ella van der Merwe – Gr 3 Laerskool Selection Park – Hanoverstraat

Alouise Vosloo – Gr 8 – My Stellenbosse Nonnatjie – Hoërskool Framesby

Lynn-Mari Jansen – 15 jaar oud – Hoërskool Rustenburg – Trompie

Thieda du Preez – Gr 8 – Hoërskool Vredenburg – Jantjie