Leer Zoeloe … in Afrikaans! Lesse 1 – 14.
Waar anders as in Suid-Afrika kan ‘n mens spog met 11 amptelike landstale? Daarom is moedertaalmaand vir ons nog meer spesiaal as in enige ander plek ter wêreld. Ter viering van ons pragtige land en al sy tale, leer die geliefde akteur, Pietie Beyers (Skemerson, Meisies wat Fluit, Vergeet My Nie), jou vandeesmaand basiese Zoeloe…

