Afrikaanssprekende steel The Bachelor …en Suid-Afrikaanse gehore se harte!
Die 25-jarige Afrikaanse spraakterapeut van Johannesburg, Marisia van Wyk, is Donderdagaand (30 Mei 2020) as Marc Buckner se finale keuse in die gewilde realiteitsprogram The Bachelor SA onthul. Met haar liefde vir mense, sagte, dog vasbeslote geaardheid en passie vir avontuur en reis wat sy en Marc deel, is sy boonop ook vlot in vyf tale. Onder kykers…