Kersfees is om die draai, die jaar was lank, moeilik en baie uitdagend en nou bekommer jy jou nog oor wat jy vir jou gesin en familie moet kry vir Kersfees? Ai, Susan…raak rustig. Afrikaans.com het namens jou gedink en sommer ’n lys opgestel van wat ons dink in jou Kerskous moet wees hierdie Desember…
Geskenkidees

Buffelsfontein baardolie (vir die hardebaarde onder ons)
Buffelsfontein baardolie is vir al daardie rowwe manne wat nie deur die jaar genoeg aandag aan hul baard gee nie. Hetsy dit vir jouself, jou onsoenbare man, of jou pa is, mens kan nooit verkeerd gaan met ’n olie vir die baard nie.

Hermanuspietersfontein (vir die fynproewers)
Hermanuspietersfontein het omtrent die Suid-Afrikaanse wynmark op hol gehad. Van oulike name tot die beste versnitte, sal jy selfs jou neus-in-die-lug tante met dié wyn kan beïndruk. Kyk na die lys van versnitte en bestel sommer aanlyn…
Skakel: https://www.hpf1855.com/

Viooltjies (vir die mense met groen vingers)
’n Geskenk wat ’n mens nog lank na Kersfees kan geniet, is ’n mooi plant. Bederf jou geliefde met ‘n huisplantjie wat nie te temperamenteel is nie en elke dag vreugde verskaf. ’n Viooltjie kan by enige van jou naaste kwekerye gekoop word, en kom in verskillende kleure.
Skakel: https://atriumplants.co.za/

Wys jou vleis met Boerboel Wear
Boerboel wear is die perfekte geskenk vir jou geliefde en sommer sag op die oog ook. Hulle wye reeks maak voorsiening vir elke liggaamsbou en smaak.
Skakel: https://www.boerboelwear.co.za/

Donkerdrif (vir die boekwurms)
’n Boek is altyd welkom. Deon Meyer se nuutste boek Donkerdrif is ’n opwindende keuse wat almal die vakansie in die huis en op die punt van hul stoele sal hou. Meyer neem weereens die leser op ’n avontuurlustige en senutergende reis. Indien jou skoonma op jou senuwees werk, is hierdie die perfekte verskoning om jouself uit die voete te maak!
Skakel: https://www.takealot.com/donkerdrif/PLID70725688/product-information

Laat die Liefde wen hierdie feestyd
Indien jou tiener dink hulle is cooler as jy, is die Liefdewen aanlyn winkel net die plek vir jou. Met mooi, moderne ontwerpe vir klere, beursies, selfoonbeskermers en vele meer, sal jy beslis ’n oulike en nuttige geskenk kan koop en sommer terselfdertyd ’n paar punte op die cool-lys bykry.
Skakel: https://liefdewen.co.za/

Vir die plaasmeisies onder ons
As jou lewe begin waar die teerpad eindig, is Plaasmeisie-vellies vir jou gemaak. Van stylvol tot prakties en van egte leer, is dit beslis ’n plek in jou Kerskous werd. Van veterskoene tot ’n maklik-inglip leerskoen. Elke meisie en man se droom. Die ontwerp van die manskoene verskil van die dames s’n, maar indien jy dit verkies, kan daar gereël word dat jy en jou geliefde dieselfde ontwerp dra!
Skakel: https://www.plaasmeisie.co.za/

Sonbesie-sakkies (vir die vrou)
Dit is die maand van see toe gaan, kinders se tasse pak, die koekieblikke volstop en voor jy jou oë uitvee, het die tyd aangebreek om te vertrek. Hierdie juwelesakkie van Sonbesie-sakkies is perfek vir jou! Gooi jou grimering en juwele in, trek hom toe en daar gaan jy. Dit lyk mooi van buite en niemand kan sien wat binne aangaan nie…

Met liefde (vir die soettande onder ons)
Indien jy daarvan hou om jou brood aan albei kante gebotter te hê, is Met liefde se reeks konfyte die ideale geskenk. Van balsamiese asyn, koekies, souse en die lekkerste konfyte, is hierdie ’n geskenk vir enige ouderdom met enige voorkeur…veral as jy nie weet wat om vir daardie secret Santa-geskenk te gee nie…
Ons hoop ons kon help om jou taak effens makliker te maak, ongeag wie jou gaste die Kersfees is. So maak jou spaarvarkie leeg, kry jou lysie byderhand en koop iets vir elke lid van die familie, ja selfs jou skoonma! Neem saam met Afrikaans.com die feesseisoen op horings. Lekker koop!