Skrywer: Jana Snyman
Vakansietyd is leestyd!
Afrikaans.com het hande gevat met NB Uitgewers om te loer na watter boeke jou kind hierdie vakansie sal kan besig hou, hetsy dit op die strand of in Jan Tuisbly se karretjie is…
Staan hierdie vakansie die kans om ’n kinderboekpakkie propvol met die onderstaande boeke, te wen!
Plaas die woord “kinderboek” in die kommentaarafdeling op Facebook
OF
stuur die woord “kinderboek” na Afrikaans.com se whatsapp-lyn by 064 652 6873.
Die kompetisie sluit op 15 Desember 2020.
Maak seker jy loop nie hierdie wonderlike vakansieprys mis nie!
Lees saam met Afrikaans.com en die res van die boekwurms…
Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip
Jonny Duddle
ISBN: 9780798181136
Uitgewer: Human & Rousseau
Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders! Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly?
Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale
Moon S.r.l, Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798181037
Uitgewer: Human & Rousseau
In hierdie wonderlike boek word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die tier van Maleisië.
Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine
Moon S.r.l, Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798181044
Uitgewer: Human & Rousseau
In hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan die klassieke fabels van La Fontaine, soos Die wesel en die koringskuur, Die wolf en die lam, Die duif en die mier, Die bye en die perdebye, Die leeu en die muis, Die donkie en die hond, Die swaeltjie en die voëls, Die haan, die kat en die muis, Die takbok by die fontein, Die vos en die bok, Die paddas wat ‘n koning wou hê, en vele meer!
Hondman
Dav Pilkey
ISBN: 9780798181198
Uitgewer: Human & Rousseau
Daar is ‘n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het ‘n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar ‘n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van ‘n hond en die lyf van ‘n mens, het hierdie heldhaftige hond ‘n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?
Loer binne: Die plaas
Really Decent Books
ISBN: 9780798181082
Uitgewer: Human & Rousseau
Hierdie kartonboek met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders ‘n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en maak ‘n draai by die dam!
Loer binne: Die see
Really Decent Books
ISBN: 9780798181129
Uitgewer: Human & Rousseau
Hierdie kartonboek met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders ‘n geleentheid om meer oor die see uit te vind. Gaan kuier op die strand, kyk na haaie en ‘n seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan by ‘n duikspan om te kyk na ‘n ou skeepswrak!
Moenie met ’n prinses mors nie!
Rachel Valentine
ISBN: 9780798180108
Uitgewer: Human & Rousseau
In ’n koninkryk ver, ver weg maak ’n trol ’n groot gemors en almal (veral die ridders) is baie bang vir hom! Ontmoet drie vasberade, vreeslose prinsesse met wie niemand sal wil mors nie in hierdie avontuur vol gruwelike gevare, slim streke en dodelike danspassies! ’n Boek wat wys dat meisies alles kan doen wat seuns doen, en dalk nog beter!
My groot boek oor treine, motors en lorries
Ants Books
ISBN: 9780798180986
Uitgewer: Human & Rousseau
Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? In hierdie grootformaat-boeke kan kinders lees oor die eerste treine en karre tot al die voertuie wat op die plaas gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!
My groot boek oor vliegtuie, bote en ruimtetuie
Ants Books
ISBN: 9780798180993
Uitgewer: Human & Rousseau
In hierdie grootformaat-boek kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie en ruimtetuie tot voertuie wat vir oorloë gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!
‘n Leeservaring wat kinders nie kan mis nie.
Mooi prys
Dit lyk na wonderlike stories vir my kleinkinders . Is nou so gretig vir boeklees.
My een kleinseun geniet stories. En net Afrikaans. Dink jul boekies sal hy baie geniet
Ek dsl graag Afrikaanse leesboeke en stories meer deelmaak van my kleinkindersse lewens. So kan ek my taal bewaar vir die nageslag. Ek onfetdteun graag Afrikaanse skrywers.