
Spoegwolf. Shoprite. Apple. Klerekas.com. Met die noem van ‘n naam, hetsy van ‘n musiekgroep, sakeonderneming, of persoon, kom ’n duisend gedagtes onmiddellik by ‘n mens op … Persepsievorming geskied en ‘n sekere sentiment word aan die letters of woorde gekoppel. Ons het by Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gaan uitvind watter ondernemings vanjaar uitstaan in hul kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam … Boonop kan jy help om die wenners te kies deur die skakel onderaan die artikel te volg. In alfabetiese volgorde, hiermee jou 2020-kortlys!
- Afrikaans – wyn
- Baie Goeters – funksiebeplanners
- Ben Bullebak Merlot – wyn
- Boggom – velskoene
- Brandman – brandrissiesmeer
- Gatskop Vellies – velskoene
- Gegrond – koffieroostery
- Jan Kan Plaasstal – plaasstal
- Jan Rosyntjie – varsproduktewinkel
- Kaalfööt – byderwetse skoene
- Kaptein Karnuffel Cabernet Sauvignon – wyn
- Kardoesie – plaasstal
- Karmenaadjie – restaurant
- Knip – haarsalon
- Koer – afspraakklub
- Kwaai Lappies – materiaalwinkel
- Liefelint – lint vir almal wat lief is vir lint
- Lyftaal – skoonheidskundiges
- Manna Restaurant – restaurant
- Moer op Als – geurmiddel
- Mondvol – koffiewinkel
- Oep ve Koep – restaurant
- OEPS Ons Eie ProduksieS – produksiemaatskappy
- Opgejikkel – kuns uit herwinde plastiek
- Petal’je – blommewinkel
- Proux – tuisbakkery
- Sagkuns – komberse en serpe van merinowol
- Seepglad – afleweringsdiens
- Toggekry – landbouhandelaar
- Vabond – gesoute spesialiteitsvleis
- Vat dit kop toe – haarkapper
Watter van hierdie innoverende en skerpsinnige name verdien om weg te stap met die eer van treffendste Afrikaanse handelsnaam vir 2020? Maak jou merk deur voor 17:00 op 21 Oktober 2020 te stem, klik hier.