Om te lees is om te droom! Daarom stel Afrikaans.com graag die volgende gratis aflaaibare stories beskikbaar, uit die pen van ’n opwindende nuwe skrywer, Jana Snyman. Elke boelie kry sy bief en Die Kliek is gemik op 7-12-jariges en spreek die temas van boeliery en groepsdruk aan. Deur karakters soos Mieke en Marna, neem Jana die kleinspan op ’n verbeeldingsreis en leer hulle ook belangrike lesse oor die verskillende uitdagings waarvoor mens in die skool te staan kan kom. Laai die stories hier af en word deel van Afrikaans.com se leesgemeenskap.
Deel hierdie plasing









Baie oulike leesstof, die verhaaltjies is puik
Ons is nou al deur al my 8-jarige se storieboeke, toe ontdek ek hierdie webtuiste in my soektog na nog stories vir slaaptyd. Wat ñ aangename verrassing!! My dogtertjie is mal oor die stories. Ek het dit ook aanbeveel vir my Afr. kollega by die skool om in die klas te gebruik. Baie dankie!