Onthou jy nog die dae toe Sonja Herholdt se Ek verlang na jou oor die radio geblêr het as jy saam met jou gesin die ooppad aandurf? Of hoe Liefling deur die skares gedreun het as Derick Hougaard die knie buig vir die perfekte skop na die pale?
Ons mis dit ook! Daarom het ons besluit om die horlosie terug te draai en jou ’n blik te gee op van die gewildste Afrikaanse musiektreffers uit die verlede.
Vir hierdie week se #dinkterugdonderdag het die Afrikaans.com-span ons top-15 gunsteling- outydse Afrikaanse liedjies gelys. Kan jy raai wat is ons nommer 1? Kyk hieronder.
Ons wil graag hê jy moet saamgesels. Vertel ons wat is jou gunsteling- outydse Afrikaanse liedjie op Facebook.
15 Hoeka Toeka – Carike Keuzenkamp
14 Waterblommetjies – Sonja Herholdt
12 Ruiter van die windjie – Bles Bridges
11 Lisa se Klavier – Koos Kombuis
10 Haai Casanova – Glenys Lynne
9 Kinders van die wind – Laurika Rauch
8 Vrot pampoen – Steve Hofmeyr
6 Ek verlang na jou – Sonja Herholdt
5 Sproeitjies – Sias Reinecke (lid van Groep Twee)
4 Afrikaners is plesierig – ADE Gutsche / Con Lamprecht (soos gesing deur die Kampvuursangers)
Baie dankie dat julle opgestaan het met die wonderlike idee. Dit bring defnitief die goeie dae terug. As daar n portal was sou ek beslis terug gegaan het. Wat ook n bederfie sou wees as ons weer stukkies op die radio kon hoor. Bv ” So maak mens” deur Esme en Jan, Siembamba, selfs ons eerste tv programme soos Meisie van Avinon, Mirage, Chips , Trompie ens. Wens ons kan dit weer beleef.