Het jy en jou gesin ook snaakse vertalings vir bekende Afrikaanse woorde? Professor Gerhard van Huyssteen, taalkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en die oprigter van vloek.co.za het van sy gunsteling- direkte vertalings met ons gedeel. Sommige van hierdie woorde val onder die kategorie van skelwoorde en vorm dus deel van Gerhard se navorsingsprojek, Ek vloek (nie) in my taal (nie). Hierdie projek plaas die klem op Afrikaanse vloekwoorde ten einde ’n antwoord te bied op die vraag: Hoekom vloek mense? Lees meer oor die projek hier.
Het jy ’n interessante vertaling wat jy graag tot hierdie lys wil voeg? Stuur dit aan Afrikaans.com op WhatsApp na 064 652 6873.
Laai ook gerus die pdf-weergawe van die onderstaande woorde af.




























