Woorde maak van ons lewens werklikheid. Dit is hoe ons die verlede onthou, die hede beleef en oor die toekoms droom. Dis die troubelofte vir ‘n vir altyd om te begin, die woorde van die simpatieke dokter wanneer medisyne nie kon red nie, en die lawwe Whatsapp-boodskap wanneer jy jou beste vriendin mis.
Dit is om hierdie rede – die mag en mooiheid van woorde – dat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal die publiek die geleentheid gee om woorde wat vir hulle van spesiale belang is, te borg en koop. Met hierdie kopies dra jy boonop by tot die behoud van ons pragtige taal!
“Woorde is kosbaar. Borg of koop ’n woord wat vir jou van besondere waarde is en help
so om die toekoms van ons lieflike taal te verseker. Laat die woord jou lei!”
Laurika Rauch
Sedert die aanvang van die projek, is duisende woorde reeds gekoop en geborg … Borg ‘n Woord word ook deur bekendes soos Laurika Rauch en Deon Meyer ondersteun. Afrikaans.com het daarom gewonder of daar nog enige woorde op aanbod is … kan jy glo die volgende 12 witwarm woorde is nog nie gekoop nie? Toe, waarvoor wag jy!
- inperking
- koeksister
- vleisbraai
- skuimkop
- katswink
- koer
- geswael
- kammakastig
- kaboemielie
- tandmuis
- aalmoes
- bitterbessiebos
Hierdie woorde, sowel as alle ander woorde wat nog nie baas gekry het nie, kan teen R100 geborg word of teen R5 000 gekoop word. Wanneer ‘n woord gekoop word, behoort die woord slegs aan jou. Met aankoop ontvang ‘n mens ook ‘n sertifikaat met jou naam sowel as die woord daarop, en kom jy in aanmerking om R25 000 te wen. Hoe meer woorde in jou woordeskat, hoe groter jou kanse!
As die woorde hierbo nie binne jou keurwoorde val nie, is dit vinnig en maklik om op die WAT se portaal te soek vir die woord wat jy graag wil koop en te bepaal of dit nog beskikbaar is. Maar, moenie gras onder jou voete laat groei nie – iemand koop dalk net jou woord onder jou uit!
Om te bepaal watter woorde beskikbaar is, sowel as vir meer inligting, klik hier.
waarom vra julle nie skrywers of aspirant skrywers om nuwe woorde te skenk nie. Wat kan beter wees as nog woorde?