Die aanneemproses
In Suid-Afrika moet jy ouer as 18, ’n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wees as jy ’n Suid-Afrikaanse kind wil aanneem. Aannemings kan egter slegs deur ’n geakkrediteerde maatskaplike werker wat aannemings hanteer, geprosesseer word. Alle voornemende ouers word ook streng gekeur om hulle geskiktheid en bevoegdheid om ‘n kind aan te neem, te bepaal. …