Die wenners is hier! Met ons #tuisinjoutaal-kompetisie het Suid-Afrikaners gewys dat Afrikaans deur niks ingeperk kan word nie … selfs ook nie deur ‘n dodelike virus nie! Dit was nie maklik nie … maar die beoordelaars se besluit is uiteindelik gefinaliseer… Kyk saam deur ons keur van wenners!
Kompetisie 1:
Wat doen jy om jou kinders tuis besig te hou?
WENNER: Mila Spies – leer oor diertjies
Respek vir diere en Moeder Aarde moet op ‘n jong ouderdom gekweek word. Boonop lyk dit of hierdie twee gesiggies hulself gate uit geniet!

TWEEDE PLEK: Stephanie van der Merwe – lees en word ver(ryk)
Die aktiwiteit hoef nie lees te wees nie en die beloning nie kontant nie … Dit wat Stephanie van der Merwe se inkskrywing laat uitstaan het, is die fokus op goeie en gesonde aktiwiteite. Knap gedaan!

DERDE PLEK: Ethan en Ava Steyn vermaak ons saam met hul ma, Beninca, op hul Youtube-kanaal.
Ethan en Ava met hulle blonde hare en groot oë is gemakik en gelukkig voor die kamera. Op hulle Youtube-kanaal het hulle allerlei video’s oor wat hulle in hulle ‘’coronavakansie’’ mee doenig is. Hierdie een was een van ons gunstelinge!
Kompetisie 2:
Covid-19-nuutskeppings
Hierdie kompetisie het nie net drie heerlike wenwoorde opgelewer nie … maar sommer ‘n hele woordeboek! Ons het ‘n gevoel dat hierdie woorde vir selfs nog langer as die corona-pandemie in die volksmond sal wees!
WENNER: Marianne van Rensburg met ramafobie

TWEEDE PLEK: Kallie Pauw met grendelglipsies

DERDE PLEK: Jamien van Heerden met koronamouna

Kompetisie 3:
Blog en vlog in jou taal!
WENNER: Olga Leonard – Kabaret
Hierdie video het ons laat lag en huil … elke Suid-Afrikaner kan daarmee vereenselwig! Boonop sing die dames vreeslik mooi!
TWEEDE PLEK: Sanet van Tonder– Pastorie-vlog
Sanet van Tonder en haar gesin maak van allerlei aktiwiteite gebruik om besig te bly. Ons het die samestelling van hierdie video veral baie geniet!
DERDE PLEK: Estel Terblanché – Grendelstaat
Estel Terblanché deel met ons haar grendelstaat … en al die handewas wat daarmee gepaardgaan!

Ons wil ook graag almal bedank wat aan die kompetisie deelgeneem het. Die wenners sal gekontak word sodat hulle kontantpryse van R3000 (wenners), R1 500 (tweede plek) en R 500 oorbetaal kan word.