Onderrig is een van die mees waardevolle geskenke wat aan jong kinders gegee kan word … Daarom moet die vryheid om jouself in woorde te kan uitdruk, die wonder daarvan om wiskunde te verstaan en die lekker van patrone en aktiwiteite reeds vroeg ontwikkel word.
Lapa Uitgewers is passievol daaroor om deel van hierdie verskil te wees. Daarom bied hulle ’n groot keur leerhulpmiddels vir alle ouderdomme aan. Dit sluit beide betaalde en gratis materiaal in en beloof om enige klaskamer of huishouding te verryk. Boonop is dit op die kurrikulum gebaseer!
Vandeesmaand fokus ons op die gratis boekies vir jong kinders. Drie daarvan verskyn hieronder om afgelaai te word. Drie Hoera’s vir Denver en die Tippie-boekie sal dadelik aflaai as PDF’s. Indien jy sukkel met Jaco Jacobs se Korona e-publikasie, klik gerus hier en volg die instruksies.
Nou op die boekrak – klik op die prent en laai af!
Daar is nog talle hulpbronne wat wag …
Op hulle webwerf is daar nog talle Tippie-boeke besikbaar. Klik hier vir gratis sowel as betaalbare gidse – vir gemak, kan jy die soekfunksie volgens prys instel. Addisioneel tot hierdie boeke bied Lapa ook ‘n wye verskeidenheid ander hulpmiddels vir die laerskoolklaskamer aan. Dit sluit in studiegidse, Powerpoint-aanbiedings, taalhulpbronne en vele meer. Klik hier om die die volledige aanbod te besigtig en direk te bekom.
Hou ook Afrikaans.com dop vir opwindende samewerking in die toekoms!