Vir baie Suid-Afrikaanse kinders is die skielike toemaak van skole ’n welkome ontsnapping van ‘n nare realiteit … ‘n Realiteit waarin hulle geteister, gespot en afgetakel word, sodat hulle uiteindelik self glo dat hulle nie goed genoeg is nie.
Met hierdie virtuele muur staan Afrikaans.com in solidariteit met slagoffers van boeliery en nooi ons die publiek uit om ‘n opbouende boodskap van nie meer as tien woorde nie vir ons te stuur. Die doel is dat ons as gemeenskap die negatiewe boodskappe wat tans op die muur is, steen vir steen vervang met opbouende boodskappe. Ons sal jou laat weet wanneer jou boodskap bygevoeg is. Ons moedig jou ook aan om ‘n videoboodskap met die hutsmerke #moenieboelie en #jyisgenoeg op sosiale media te deel en Afrikaans.com te merk.
Klik hier vir AfriForum se Teenboeliegids.
Steen vir steen en woord vir woord kan ons saam ‘n verskil maak.


Vorms van boeliery
