Ons is nie almal ewe bedrywig en bedrewe op sosiale media nie, maar soms kan spesifieke Facebook-groepe nogal handig te pas kom, veral as ’n mens op soek is na onderrig-, leer- en taalhulpbronne. Afrikaans.com het so bietjie op sosiale media gaan loer wat daar vir ons onderwysers en ouers is en op die volgende Facebook-groepe afgekom by wie jy kan aansluit en aanklop met jou vrae en/of raad. Die meeste van hierdie groepe het ook webtuistes waar jy meer te wete kan kom.
- Afrikaans Huistaal en EAT – ’n privaat groep vir onderwysers om idees uit te ruil en raad te vra.
- Leer Afrikaans 123 – graad R – graad 3 lees- en werkboeke volgens KABV geskryf. Hulp vir lees, spel en begripsvaardighede. Ook geskik vir remediëring.
- Oolfant – vir tuisskolers om in Afrikaans te tuisskool.
- 15-minuut Afrikaans – deel van oolfant.com – leer Afrikaans in slegs 15 minute per dag.
- E-classroom – e-leerhulpbronne belyn met KABV vir graad R – 12. Werkkaarte, lesplanne, aanvullende materiaal.
- Edmodo – e-netwerk vir onderwysers.
- Onnies online – ’n omvattende reeks hulpbronne, idees en inspirasie vir onderwysers op alle vakgebiede, met vraestelle, werkkaarte, video’s.
- Afrikaans is GROOT in jou klaskamer – raad, wenke en hulpbronne vir onderwysers en ouers.
- Teacha – onderrighulpbronne
- Worksheetcloud – werkkaarte en toetse vir hersiening vir laer- en hoërskoolleerders.
- The language ladies – maak aanleer van taal maklik. Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
- Speelkamer – speel is belangrik. Hier word ouers gehelp om hulle kinders te laat floreer deur spel.
- Prekinders – hope aktiwiteite en idees vir onderwysers in kleuterskole veral.
- Skoolskatkis – nuttige opvoedkundige materiaal.
- Woelwater-aktiwiteitsbokse vir tussen 5 maande en 4 jaar – bokse vol ervarings. Elke boks se aktiwiteite inspireer groot- en fynmotoriese vaardighede, die sensoriese, musiek en kunsvlyt.
- Peuter- en Kleuterpret – kletsblad vol idees om kleingoed op prettige wyse besig te hou.
Taalvrae:
Spesifiek vir diegene wat professioneel met taal omgaan:
- Taalgoggas en balbyters – vir enigiemand wat in Afrikaans werk of sommer lief is vir die taal. Vra vrae, help ander, redeneer en debatteer.
- Taaltameletjies – ’n privaat groep vir diegene wat professioneel met taal werk om mekaar by te staan met taalvrae.
Boeke te kus en te keur:
Soms is jy as onderwyser op soek na ’n spesifieke boek of gedig. Die volgende FB-groepe kan dalk help:
- Lekkerleesboekrak – ’n virtuele kuiergroep waar boekliefhebbers saam gesels oor boeke wat hulle geniet het en kan aanbeveel vir ander lesers.
- Kom ons lees weer Afrikaans – vir almal wat daarvan hou om Afrikaans te lees, maar nie altyd weet waar om te begin nie.
- Storiewerf – kuierplek vir almal wat van kinder- en jeugboeke hou.
- Boekbedinges – as jy op soek is na ‘n boek, vra hier; as jy een wil weggee, doen dit hier en as jy een wil verkoop, is dit die plek.
Laat weet gerus as jy van ’n soortgelyke groep/e weet wat op die lys hoort.
Vir nog skakels, wenke en apps, kyk ook op Afrikaans.com se leerhulpbladsye:
Oefen vir die eksamen – ou vraestelle en toetse om af te laai. Klik hier.
Aflaaibare plakkers en plakkate vir jou klaskamer. Klik hier.
Moedertaalonderrig. Klik hier.
Ook nuttig:
Lapa-Uitgewers se klaskameraad.
VivA Afrikaans – Virtuele Instituut vir Afrikaans – woordeboeke en taalvrae.