Aitsa … Sonja Herholdt doen dit weer!
Meer as veertig jaar gelede verskyn ’n petite, blonde, jong vrou op Suid-Afrika se musiekverhoë en bekoor sy gehore van oraloor met haar ongekunstelde sangstyl, haar opregtheid en, kom ons wees nou maar eerlik, haar oulike kuiltjies. ’n Driejarige dogtertjie wat toentertyd Slaap, my kindjie, slaap op die verhoog gesing het en op die Marievale-myn grootgeword het,…