Repliek op die Konstitusionele Hofuitspraak US Taalbeleid
Die toetssaak in die Konstitusionele Hof tussen Gelyke Kanse en die Universiteit Stellenbosch rakende die reg tot onderrig in Suid-Afrikaanse inheemse tale op tersiêre vlak, is aangehoor en op 10 Oktober is uitspraak gelewer. Die hof het ten gunste van die Universiteit Stellenbosch en hul taalbeleid besleg. Dié beslissing is verreikend. Volgens die Grondwet het alle tale van Suid-Afrika dieselfde status,…