Episode 1
Oorlewingsraad vir onnies
Afrikaans.com fokus op eksamenhulp
Ammiël Smith is ‘n onderwyser met ewewig, passie en talent. Hy maak vandeesmaand ‘n draai op Afrikaans.com as deel van ons November-eksamenfokus. Voormalig ‘n bemarker, het hy na ‘n uitreik na Indië besef dat sy roeping in die onderwys lê. Bedags woeker hy as LO-onderwyser by Laerskool Vryburg. Hy is passievol oor onderrig, liefdadigheid, avontuur, reis en videografie.
Maak gedurende November elke Dinsdag ‘n draai en geniet sy reeks saam met ons.