Leespleisters plak ’n pleister op die eina van leesprobleme

Leespleisters plak ’n pleister op die eina van leesprobleme

Hierdie omvattende boek deur Isabel Pretorius, ’n ervare remediërende onderwyskundige, is ’n praktiese handleiding vir die onderwyser, tuisskoler of ouer om ’n probleem vroegtydig te identifiseer. Dit voorsien in ’n groot behoefte, veral in Afrikaans. Hierdie omvattende werk beskryf die aard van perseptuele uitvalle wat tot lees- en spelling-probleme lei. Dit bevat kompakte, effektiewe en duidelike aanwysings en uiteensettings…