
24 September is Erfenisdag. ’n Dag waarop ons opnuut ons taal en kultuur vier. Dink maar aan plekke van wetenskaplike belang, ons nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiek, ensvoorts. Dit alles vorm deel van wie ons is. Daarom moet ons dit koester. Maar, Erfenisdag is ook ’n dag van samesyn en lekker kuier. Afrikaans.com het met ’n paar bekendes gesels oor wat hulle taal en erfenis vir hulle beteken.
Len Muller
Uitdrukkings is vir Len die kosbaarste van Afrikaans. Vir hom is daar geen ander taal in die wêreld waarin jy jouself beter kan uitdruk as in Afrikaans nie.
Cheree
Cheree het grootgeword in ‘n huis waar haar pa Engels en haar ma Afrikaans was. En, as sy eerlik moet terugkyk na haar lewe is sy die trotsste op haar Afrikaanse erfenis en koester sy haar erfenis deur dit met haar kinders te deel. Om musiek te kan maak in Afrikaans is vir haar die manier waarop sy haar taal die beste koester.
Kurt Darren
Vir Kurt, wat onlangs sy 28ste album bekendgestel het, is Afrikaans kosbaar. Alhoewel sy ma Engels en sy pa Afrikaans was, is sy moedertaal Afrikaans. Vandag praat Kurt se kinders Afrikaans, droom in Afrikaans en lees in Afrikaans
James Boland (Rubber Duc & Posduif)
Vir James is Afrikaans ‘n kleurvolle en beskrywende taal. Hy koester sy erfenis op twee maniere: Hy praat net Afrikaans met sy kinders en hy maak in Afrikaans musiek. Volgens James is dit wonderlik dat almal hul eie kulture ook koester en hy doen dit in Afrikaans.
André Schwartz
André leef, slaap en praat sy erfenis in alles wat hy doen dit. Afrikaans is vir hom ’n wonderlike taal en mense praat dit juis omdat hulle lief is vir die taal en dit deel is van ons erfenis. Daarom voel hy dat ons nie te kosbaar moet raak oor Afrikaans nie, want niks gaan met die taal gebeur nie.
Refentse
Vir Refentse is Afrikaans die taal waarin hy musiek maak, dans en kuier. Die taal van liefde en passie! Die taal wat Afrika se ritme op sy rug dra. Hy koester sy taal en praat sy taal soos dit geskryf is.
Vertel ons op sosiale media hoe jy jou kultuur koester. Volg Afrikaans.com op Facebook, Twitter en Instagram. #jouafrikaanstel #onmisbaar #erfenis