Kunstenaarsfokus: Lucinda Neethling
Die Melktert Kommissie is ‘n Afrikaanse musiekgroep van Jeffreysbaai wat reeds vanaf 2002, na hul destydse sege by die Jip Rockspaaider-kompetisie, gehore op hul voete het. Hul debuutalbum, Volroom, is in Junie 2003 uitgereik. ‘n Tweede album, Wonderwoorde, is in 2006 vrygestel en kort op die album se hakke, in Augustus 2007, volg hul derde studio-album, Vergewe en vergeet. Na ‘n lang onderbreking het die vier lede van die groep weer in 2017 begin optree en nou is hulle terug in die studio om nuwe musiek op te neem. Hul nuwe enkelsnit, Weier, is in Mei 2019 vrygestel.
Die groeplede is:
- Lucinda Neethling — hoofsanger en akoestiese kitaar
- Jean-Marie Korff — elektriese kitaar en agtergrondsang
- Tim van der Westhuizen — baskitaar
- Jan-Adriaan Korff — tromme en agtergrondsang
Afrikaans.com het met Lucinda Neethling gesels oor haar loopbaan en die sukses van Die Melktert Kommissie. Lucinda vertel ook waarna ons kan uitsien.
Onthou jy hierdie liedjies van Die Melktert Kommissie?
Hul nuutste enkelsnit:
Volg DMK op Sosiale Media:
Facebook: https://www.facebook.com/melktertkommissie/?ref=br_rs
Volg Lucinda op sosiale media:
Instagram: https://www.instagram.com/lucindaneethling/
Facebook: https://www.facebook.com/LucindaNeethlingArt/?ref=br_rs