’n innoverende manier van leer
Breinlyn maak afstandsonderrig vir graad R tot 12 maklik. Nou kan leerders enige plek, enige tyd studeer. Boonop is die kurrikulum in ooreenstemming met die Nasionale Kurrikulumverklaring vir graad 1 tot 12 en is Breinlyn ook by die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) geregistreer. Omvattende leermateriaal en onderwysersgidse is beskikbaar en formele assessering word eksklusief aanlyn gebied. Elke leerder het ’n persoonlike profiel op www.brainONLINE.com, waar hul take, toetse en eksamens kan aflaai, voltooi en weer oplaai. Afrikaans.com het so bietjie op hul webtuiste gaan loer:
Die Breinlyn-rekenaarprogram
Dis maklik. Skryf in, laai af en begin leer! Die Breinlyn-rekenaarprogram bevat die kurrikulum en omvattende leermateriaal en onderwysersgidse kan gerieflik vanaf branONLINE (die assesseringswebtuiste) gelaai word. Die voordele is legio:
- Studeer vanaf enige plek, enige tyd.
- Laai bygewerkte inligting af wanneer beskikbaar.
- Materiaal kan gedruk word, dus hoef slegs die nodige lesse uitgedruk te word.
- ’n Opsionele bestellingsfasiliteit is beskikbaar, indien handboeke verkies word.
- Toegang tot die internet is slegs nodig wanneer die program afgelaai word en die leerder se profiel daarop geregistreer word.
Kommunikasie- en assesseringswebtuiste: www.brainONLINE.com
Elke leerder het ’n persoonlike profiel op die webtuiste waar hul take, toetse en eksamens kan aflaai, voltooi en weer oplaai. Sodoende het die leerder toegang tot tydige terugvoer en het hy/sy 24 uur per dag toegang tot die assesseringswebtuiste om sy/haar vordering dop te hou.
Toegewyde vakadviseurs kommunikeer ook deur die webtuiste met die leerders.
Die voordele:
- 24 uur per dag toegang tot persoonlike leerderprofiel.
- Formele assessering word aanlyn afgelaai en ingedien.
- Vordering kan dopgehou word – vanaf enige plek deur internettoegang.
- Minimale of geen afhanklikheid van posaflewering/koeriers nie.
- Opdragte en punte kan nie verlore raak nie.
Matriek vir volwassenes
Dalk het omstandighede veroorsaak dat jy nooit jou matriek verwerf het nie, maar dis nooit te laat nie. Op Breinlyn is daar ’n opsie om jou Nasionale Seniorsertifikaat binne slegs twee jaar te behaal.
Vir meer oor Breinlyn en hoe om in te skryf en kontak te maak, klik hier
Vir die verskillende produkte wat aangebied word, klik hier
Matriek vir Volwassenes-opsie. Klik hier
Oorweeg jy afstandsonderrig? Lees meer oor die voordele hier
Afstandsonderrig gee jou buigsaamheid om wêreldwyd te studeer. Klik hier
Akademia bied ook afstandsonderrig aan. Klik hier