Middel-Oktober wanneer die 2019-matriekeindeksamen begin, is voor die deur. Dit is nou die regte tyd om vas te stel in watter areas jy meer werk moet insit en om seker te maak jy kry goeie punte. Afrikaans.com het so bietjie ondersoek ingestel en hier is ’n handige strategie om te volg vir die preliminêre eksamen sodat jy die eindeksamen met selfvertroue kan aanpak.
OEFEN DEUR HERHALING – Beantwoord ou vraestelle of voorbeeldvrae. Jou klasonderwyser behoort hiermee te help, maar daar is ook heelwat op die internet beskikbaar.
WELSTAND – “All work and no play makes Jack a dull boy!” Maak seker jy eet, slaap en oefen genoeg. Dit help met jou stresvlakke.
ORGANISEER – Stel ’n studierooster op, bestuur jou tyd en maak seker jou leeromgewing is netjies en stil. Maak ook seker dat jy alles byderhand het om jou leerwerk te vergemaklik. Dit sal daartoe bydra dat jy nie oorweldig voel nie.
VISUALISEER – Gebruik kleure en breinkaarte en ander strategieë i.p.v. net woorde sodat jy meer van jou breinkrag inspan.
VERDUIDELIK – Beantwoord vrae of vertel vir ander waaroor jou werk gaan. Wanneer jy iets aan ander verduidelik, of vrae moet beantwoord, kom jy vinnig agter of jy die werk regtig onder die knie het.
SOSIALE MEDIA – Dit kan ingespan word om jou begrip van jou werk uit te brei. Dit is raadsaam om ’n studiegroep bymekaar te kry. Dit sal jou help om jou vordering dop te hou, of jou vinnig reghelp as daar iets is wat jy nie behoorlik verstaan nie en dit kan ook dien as waarskuwingstelsel as jy dalk agter raak.
Die volgende kanale en toeps kan gebruik word:
Google – Daar kan jy lees hoe om eksamenstres te hanteer. Jy kry voorbeelde van studieroosters, ens. Soek” Matriekeksamen 2019” vir resultate wat jou kan help met jou voorbereiding en motivering.
WhatsApp-studiegroep – Vir besprekings en verduidelikings en die deel van notas.
Facebook-groepe – Vir spesifieke vakke. ’n Uitstekende manier om materiaal te deel en groepbesprekings te hou.
YouTube – Wanneer dit tyd is om so bietjie weg te beweeg van die geskrewe woord, is YouTube ’n lekker afleiding. Hier kan jy video-inhoud opspoor waarin van jou vrae (bv. wiskunde) verduidelik word.
Bron: https://www.rnews.co.za/article/21324/the-proves-method-the-perfect-strategy-for-mastering-your-matric-mock-exams (In Engels staan bogenoemde strategie as die PROVES-metode bekend – Practise, Refresh, Organise, Visualise, Explain en Social Media.)

Voorbeeld van ’n breinkaart (jpswoordsoorteblog)
Juffrou Marelize gee raad
Marelize Swanepoel, is ‘n Afrikaanse juffrou wat oorloop van entoesiasme. Sy het in die praktyk agtergekom hoe min hulpbronne daar vir Afrikaans Eerste Addisionele Taalonderwysers en -leerders beskikbaar is, en het toe besluit om hier ’n verskil te maak. Sy het ’n webwerf, www.swanies.co.za, ontwerp wat dien as platform om gratis Afrikaans Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-hulpbronne en metodiek aan onderwysers en leerders te verskaf. Hier gee sy vier handige wenke vir die matriekeksamen.
Lees meer:
Sit eksamenstres ore aan. Klik hier.
Vyf stappe om vir die matriekeindeksamen voor te berei. Klik hier.
Studie- en eksamenwenke: Lees hier (Engels).
Riglyne vir ouers om die matriekeksamen te oorleef (Engels). Klik hier.
Hoe jy as ouer betrokke kan raak tydens eksamentyd (Engels). Klik hier.