Die meeste tieners vandag sal weet wie is Snotkop, Ed Sheeran of selfs Jan Bloukaas, maar wie van hulle luister en ken musikante soos Andrea Bocelli of selfs Mimi Coertse? Die 15-jarige Erin Beck natuurlik. Erin is ’n normale tiener wat van die nuutste popmusiek hou, maar haar passie is klassieke musiek. Sy is tans ’n graad 9-leerder aan die Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria.
Afrikaans.com het by haar gaan inloer.
“Klassieke musiek is baie na aan my hart … dit inspireer my.”
Haar droom is om eendag ’n verhoog te kan deel met bekendes soos Andrea Bocelli of selfs Nicholis Louw. Laasgenoemde kan self opera sing en volgens Erin is rock en opera ’n goeie kombinasie.
Erin het nie net by Krone 5 gesing nie, maar het ook met haar weergawe van Nessun Dorma haar buiging op die 2018 RMB Starlight Classics-verhoog gemaak. Sy verskyn ook gereeld as gaskunstenaar op kykNET-Nou se Sing in Harmonie-realiteitsprogram. Nog ’n hoogtepunt vir Erin was haar optrede op 9 Maart 2019 op Loftus Versfeld toe die Bulle en die Sharks mekaar gepak het.
Kyk ook na enkele van Erin se optredes:
’n 13-jarige Erin Beck sing Nessun Dorma tydens kykNET se Sing in harmonie.
By die Krone-konsert saam met Nicholis Louw en Serenade – Anything for love-medley:
Erin Beck sing I believe (14 Mei 2019 op Die Groot Ontbyt)
Lees ook:
afrikaans.com het ook Wêreldmusiekdag gevier deur ’n artikel oor van Suid-Afrika se groot klassieke musikante wat op die wêreldverhoog naam gemaak het, te deel. Mense soos Charl du Plessis, Mimi Coertse, Johan Botha en Emmarentia Scheepers. Klik hier