Oudpresident Nelson Mandela, wêreldikoon, Nobel-pryswenner en staatsman wie se rol in die vreedsame oorgang na ’n demokratiese Suid-Afrika steeds lof verdien, se storie word nou in Afrikaans vertel!
KykNET se minireeks, Madiba – ’n uitsonderlike roeping, begin op 28 Julie om 20:00 op DStv-kanaal 144. In dié reeks wat uit ses episodes bestaan, deel Zelda la Grange brokkies van sy lewe waarvan min mense weet. Zelda was 19 jaar lank Madiba se persoonlike assistent en sy was tot sy dood vyf jaar gelede aan sy sy.
Verskeie ander mense wat op ’n manier ’n verbintenis met Nelson Mandela gehad het, maak ook deel uit van die reeks. Mense soos onder andere Mandla Mandela, Bill Clinton, Bono, Richard Branson, Morgan Freeman, aartsbiskop Desmond Tutu, George Bizos, ’n lewenslange vriend, en Eddie Daniels, wat 17 jaar saam met hom op Robbeneiland deurgebring het.
Kyk die lokprent hier