Kry Afrikaanse klanke onder die knie
Leer Afrikaans 123 het nou ’n YouTube-kanaal met video’s wat gratis gekyk kan word vir onder andere die aanleer van Afrikaanse klanke en luistervaardighede.
Kyk hier vir gratis aflaaibare materiaal.
Klik hier vir die YouTube-kanaal.
Hier is ‘n voorbeeld:
Meer oor Leer Afrikaans 123
Leer Afrikaans 123-leermateriaal vanaf graad R tot 3 is geskik vir Afrikaans as huistaal en ook vir Afrikaans Addisionele Taal. Wiskunde en tweede taal is slegs addisionele produkte, maar gaan kyk gerus op die webtuiste en loer in by hulle aanlyn winkel vir lekker leermateriaal teen bekostigbare pryse.
Ouers kan ook aansluit by die klub vir slegs R100 per kwartaal of R350 per jaar. Dit gee toegang tot 3 x 3 Afrikaanse werkboeke, begripstoetse en leesboeke, 3 x 3 wiskunde-werkboeke en 3 x 3 Engels Addisionele Taal of LV-werkboeke per graad – afhangende van graadlidmaatskap. Lede wat kies om vir die hele jaar te betaal, kry ook gratis materiaal sodra lidmaatskapbetaling ontvang word.
Vir die Leer Afrikaans 123-webtuiste en om te sien wat hulle alles aanbied, klik hier.