“Ek beveel 15-minuut-Afrikaans wyd en syd aan … dit is kort en kragtig maar daar is ’n daaglikse inoefening van die woordsoorte wat meebring dat die konsepinligting vasgelê word … dit is prakties, ‘hands-on’ en effektief.” – Heidi Lamprecht, tuisskool-ma
Ouers sukkel dikwels met die kwessie oor hoe om taalonderrig vir hulle kinders interessant en doeltreffend aan te bied. Afrikaans.com het op dié interessante aanlyn kursus afgekom wat ons glo ’n oplossing bied: 15-minuut-Afrikaans (oolfant.com).
Deur oor 30 weke elke dag 15 minute af te staan aan hierdie pasgemaakte taalkursus waarin ’n jaar se Afrikaanse taalwerk verpak is, gaan jou kinders sommer in ’n japtrap hulle kennis van Afrikaans uitbrei. Daar is ook ’n gratis Spel sonder sukkel-kursus ingesluit.
Wat gaan jou kind alles leer?
- Hoe om leestekens reg te gebruik.
- Hoe om verskillende woordsoorte uit te ken.
- Hoe om beter te spel.
- Hoe om klinkers en medeklinkers uit te ken.
- Hoe om woorde in lettergrepe te leer klap (uiters waardevol vir spelling).
- Ten minste 150 nuwe woorde.
- Woordstamme (ook belangrik om goed te spel).
- Hoe om beter te skryf deur op te let na werkwoorde, bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
Die kursus bestaan uit ’n werkboek en drie volledige onderwysersgidse. Al die werk is klaar vir jou gedoen – jy moet net die handboeke aflaai. Jy moet die werkboek uitdruk (ongeveer 100 A4-bladsye), maar die onderwysersgidse (elk ongeveer 150 bladsye) kan van die rekenaar af gebruik word indien so verkies.
Die hele kursus bestaan uit een storie, Die klein kleremakertjie word koning, wat ook by die kursus ingesluit is. Die twee laaste lesse het videolesse by waarin die storie ontleed en verduidelik word.
Hersieningstories
’n Ekstra bonus is drie hersieningstories wat jy kan gebruik om seker te maak jou kind het die verskillende woordsoorte onder die knie.
Blokkiesraaisel
Daar is elke week ’n blokkiesraaisel sodat jou kind sekere belangrike aspekte wat behandel is, kan inoefen.
Spel sonder sukkel
’n Kort aanlyn kursus wat jou wys hoe om jou eie, individuele spelprogram op te stel om die “spelmonster” te oorwin. Die kursus bestaan uit 10 kort videolesse waar ses prosesse en vier stappe behandel word om jou kinders doeltreffend en sonder trane te leer spel.
Voordeel van ’n aanlyn kursus
Jy kry gereelde ondersteuning en deur die loop van die eerste twintig weke kry jy ook gereeld e-posse met bykomende raad, wenke, inligting en inspirasie om die meeste uit die kursus te haal. Enige navrae kan per e-pos gestuur word.
Vir meer oor 15-minuut-Afrikaans asook die koste, klik hier . Daar is ook ’n kort video om na te kyk.
Vir ’n toetslopie om te besluit of jy daarvan hou of nie, klik hier en laai twee gratis lesse af.
Gaan kyk by www.oolfant.com wat hulle alles bied.