“Ons almal was al hoog”
So bevind ek my onlangs op ’n vliegtuig Johannesburg toe. Ek moes ’n ekstra verband uitneem op ’n huis wat ek nie het nie, ’n deel van my siel verkoop en die Minister van Vervoer se onderbroek was om ’n bekostigbare kaartjie in die hande te kry. Maar hier is ek nou. Op pad Goudstad…